| Hierdie blad bevat erotiese literatuur en illustrasies. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately. |
Herfs
die sagtheid van herfsdae
en skemerkalmte
maak my hart rustiger
en die opwelling vind
uitlaat in die wete
van jou nabyheid
en onbeskroomde hoop
van vervuldheid
wat soos herfsblare
die intensheid
van my bewustheid
en sekerheid
verkleur

