Liefde op die platteland
? Random sms van ? random ou
Tog was ek al die jare só naby jou
Ons storie het begin in die lente
Soos die bloeisels op die bome
Kleurvolle nuwe uitdagings
Nuwe lewe, nuwe drome
Liefde met die eerste oogopslag
blyk vir ons ? klug te wees
Maar tyd het die vermoë
om dáárdie uitkyk te genees
REFREIN:
Jy met jou tierlantyntjies
Jy met jou frilletjies so fraai
Jy het grootgeword op die platteland
ver van die stadslawaai
Ek beny jou uitkyk op die lewe
al is dit soms eng en beperk
Die wêreld vertel mens ? ander storie
oor hoe dié dinge werk
Wie sou ooit kon raai
dat deel van God se perfekte plan
ek en jy mekaar ontmoet?
En nóú maak ons ? span
Jou passie vir mense
laat my soms stom
Ek kan my verkyk hoe jy
met almal oor die weg kom
Ek wens soms dat ons
tyd net kon laat stilstaan
Tyd vir miljoene bottervliegie-soentjies
En dansies op die maan
REFREIN
Jou hartseer lê soms vlak
oor dit wat gister was
Ek sal maar net stywer vashou
Met jou hand wat in myne pas
Die lewe se wye sirkels
Maak die wêreld soms só klein
Ek voel weer so ? tiener
Verlore, met verlangende pyn
Soos ? onverdiende seën
kom die liefde jou haal
Hierdie is net die begin
van ons feëverhaal
REFREIN


