"Liefde Oorwin" deur Nicholas Muller

  • 0

Liefde Oorwin

Ek sien hoe jou gemoedere sak
toe sy verby jou loop
Die girl wat eens jou lewe was
vir ewig weggestroop

Ek wens ek kon jou wakker skud
en jou net laat besef
Maar ek sien jy weet dit lankal reeds
die spyt het jou getref

Jou oë verraai jou glimlag
al dink jy niemand sien
Vir jou ken ek tog beter
maar jy het dit verdien

Hoe kon jy haar net so laat gaan?
Sonder ? baklei
Was jy dan nie meer lief vir haar
of wou jy pyn vermy?

Kon jy haar nie net beter lees
net verstaan wat wat sy try sê?
Want ek weet sy het daagliks seer
want sy wou net jou hê

Sy het jou so liefgehad
Hoe kon jy nie verstaan
dat jy haar hele lewe was?
Die kern van haar bestaan

Maar soos die mense altyd sê
spyt kom mos te laat
En al dink jy sy's nog kwaad vir jou
Die liefde oorwin die haat

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top