"Liefde gemors" deur Rudi Swart

  • 0

Geskryf vir: Alle kunstenaars

As die son nie skyn nie
en my pyn nie wil kwyn nie
is daar niks wat help soos ‘n poëtiese refrein nie
woorde wat my opsom in ‘n kwinkslag metafoor
woorde wat ek hoor, wat suutjies met my toor
Koor:
Al wil ek ook
ek wil jou nie weer sien nie want jy't my vermoor
die snye van jou woorde brand steeds in my bors
ek het met jou my liefde gemors

Dae wat die son en die wolke kompeteer
en die wind ruk en pluk om die dag te beheer
En op die ou end van die dag is dit ek wat verstar
want die droewig dowwe dae krap my denke deurmekaar
Dalk as die son weer soos ‘n straatlig op my skyn
sal die muf in my brein soos doudruppels verdwyn
en sal ek weer kan asemhaal soos normale mense doen
en nie aan lug verstik met die gewete van versoen nie

Koor

Nou groet ek maar die wêreld, ek speel met jul gevoel
ek drentel deur die drade, maar al wat ek bedoel
is dat ek skynbaar gebroke blyk wees
in die sin van die norm deur samelewing voortgelees.

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top