Liefde en ek gesels

  • 0

Liefde sê, Jy kan my nie ontken nie. Probeer.
Ek sê ja, jy verskyn vanuit nêrens
soos die borrels in wyn
nou hier en dan weer nie

Liefde sê, Gevange in die liggaamsfles
Singende by die onthaal

Ek sê, hierdie ekstase is gevaarlik

Liefde sê, Ek teug aan die soet dag,
tot die nag die beker wegneem
dan dring ek daarop aan dat Nag dit teruggee
die lig waarby ek sien verander nooit

Arabiere beskryf wyn met die woord mudam
wat “aanhoudend” beteken
aan en aan en aan
want wyndrinkers kry nooit genoeg nie

die water van Besef is die wyn wat ons bedoel
waar liefde die vloeistof, en jou liggaam die fles is

genade stroom in
die wyn se krag breek die houer
dit gebeur op hierdie oomblik

die water van Ontwaking word die skinker en die wyn
en elkeen teenwoordig by die fees

geen metafoor kan hierdie waarheid vertel
wat weet hoe om ditself geheim te hou

en wanneer om ditself te wys nie

 

 

Vertaling van oorspronklike gedig deur Rumi.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top