Boekemakranka wil graag ‘n e-Boek met kort-kortverhale (ongeveer 400 woorde) publiseer, wat so goedkoop as moontlik verkoop sal word. Die tantième sal dan gaan vir ons plaaslike Sopkombuis, en vir Vriende van Kleinmond Biblioteek. Dit gee blootstelling vir die skrywers, kos vir mense, en koop boeke vir kinders.
Ek wil graag meer geloofwaardigheid aan die bundel gee, deur bekende skrywers te vra om ook by te dra daarvoor. Die verhale wat ek al ingekry het is myns insiens van goeie gehalte, maar ek gaan nie die keuring self doen nie, maar eerder 'n paneel van ander skrywers vra om te help daarmee. Skywers soos Marlise Hobbs, Jaco Jacobs, Malene Breytenbach, Nanette van Rooyen, Riette Rust, Francois Bloemhof, Annelie Botes, Elize Parker, Fanie Viljoen, Chanette Paul, Douwleen Bredenhann en nog 'n klomp ander het al ingestem om by te dra.
Sien jy kans om 'n verhaaltjie by te dra? Omdat dit vir suiwer liefdadigheid gaan, wil ek dit 'n lekker dik e-bundel maak, vir min geld. Sperdatum einde November, en geen spesifieke tema nie. As jy kans sien, stuur asseblief jou kort-kortverhaal aan eboek@boekemakranka.co.za.
Liefnis uit Kleinmond!
Trisa Hugo

