Beste Jan
Ek geniet die inhoud van jou briewe en is ook ’n persoon wat baie lief vir my taal is en praat dit graag, ook waar dit soms tot onaangenaamheid lei.
Ek woon in ’n dorp in Limpopo - een van die baie wat se naam verander is van ’n Afrikaanse naam, wat terloops verwys na ’n kenmerk in die natuur, na die naam van ’n swart voorvader.
Verlede week het ek een van my werkers by sy huis in die swart woongebied gaan aflaai. Ek ry verby ’n groot laerskool in die woongebied wat pas klaar gebou is en was ek verbaas om die naam van die skool [wat op ’n groot bord voor die skool aangebring is] te lees: Lekkerbreek Primary School!!
Enjee
Naskrif. Lekkerbreek [Ochna pulchra] is ’n kleinerige bladwisselende boom wat in die Bosveld en Laeveld te siene is.

