Lied vir die renoster
Horingdier so statig trots
kyk hoe kwyn hy teen die rots
Wreed vermink deur stropershande
Vra hoe keer ons tog die skande?
Onwyse manne uit die Ooste
wat net dollars om hul sien
kerf ons horingdier aan flenters
vir sy neus van keratien
REFREIN:
Op die berge dans die vlamme
oor die grasse en die stamme
Piet Renoster lê aan stukke
vir sy neus van keratien
Horingdier, die veld se vors
is deur skurke opgemors
blind vir al wat goed en mooi is
Dis jou bene wat gestrooi is
deur vreemde mense uit die verte
wat net dollars wil verdien
Horingdier, hul saag jou stukkend
vir jou neus van keratien
REFREIN
Horingdier so statig trots
kyk hoe kwyn hy teen die rots
Wreed vermink deur stropershande
Vra hoe keer ons tog die skande?
Onwyse manne uit die Ooste
wat net dollars om hul sien
kerf ons horingdier aan flenters
vir sy neus van keratien
REFREIN
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.



Kommentaar
Dit is 'n baie mooi liedjie.