lewensiklus van die koorsgogga

  • 0

lewensiklus van die koorsgogga

so skets ons:
figuurlike voelers
klankende kop
gelede lood pote
rymende romp
gekodeerde knypers
stout semantiese stert

dit knaag kateltone
vroetel kussingvere
paar in wynglase
passeer in stortwaterstrale
lê ongemerkte eiers in sleurgang
om etenstafels
op kerkbanke
by vure
agter skerms
broei wenslik in tuingrond
onder vingernaels
spin sy in stille swye
bêre papies
op tonge
in retinas en
murg en
bloed en
spoeg en
oorwas en
snot

totdat die maaiers simptomaties
insomnia inflammeer
beelde stuur
fraserend verwoord
letterlik verwond
inkend moet bloei
sodat die gekropte koors
uitwoed

dat die geknaag
weer kan begin

Klik hier vir nog besonderhede oor die kompetisie

Lees die ander inskrywings

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top