Ek steek my hand uit lug in
en pluk ’n sluk vars asem
die aarde druk my vas
en die Here luister nie meer nie
renosters, olifante, bye, water
en vars lug raak skaars
alles om my is besig
om stadig weg te gaan
die regering blom in sy eie glorie
nog ’n skool brand af
nog ’n pa word op sy plaas vermoor
nog ’n generator by Eskom pak op
en saam met nog ’n fetusliggaam
êrens op ’n ashoop
brand nog iets binne my dood
toe ek omdraai was jy ook weg
my krag is min
my kamer was weer donker
en so raak ek aan die slaap
met ’n leë laken om my lam lyf



Kommentaar
Welgedaan, Caren.
Baie dankie, dierbare Carma