Dood is 'n aphrodisiac,
Het jy altyd sinies gelag
En ons is geneties programmeer
Om freneties te teel
As ons tussen die hark se tande bly staan
En ons is geneties programmeer
Om freneties te teel
As ons tussen die hark se tande bly staan
Maar wat kan ek nou vir jou sê?
Oorlewende, naasbestaande, weduwee in rou
Watse grimering kan ons aan hierdie monster smeer?
Bybel, Boeddha of bier?
Nietzsche of nihilisme?
Kom ek vertel jou ‘n grap onthou jy daardie keer
Nee
Geen speserye kan hierdie smaak verbloem
Die geel galgemarmer skyn heeltyd deur
Die geel galgemarmer skyn heeltyd deur
Ontydige heengaan.
Die frase wek weersin in my taalpurisme
Toutologies oordadig, sentimenteel oordrewe
Die frase wek weersin in my taalpurisme
Toutologies oordadig, sentimenteel oordrewe
Totdat jy self met 'n handvol gruis staan soek vir eufemisme

