"Legkaart" deur Nico Burger

  • 0

Legkaart

Elke tree wat jy neem
word ? stukkie van die legkaart wat jy bou
Elke val van jou voet
laat jou verhaal se storielyn ontvou
Intensie in ? spel teen die noodlot
Kaarte deur die toeval gedeel
Wie wen kry die kans om ? stukkie
van die tapisserie te speel

REFREIN:
En hoeveel sou jy wou gee om te weet
hoe die legkaart lyk aan die ander kant van die tyd?
Intussen kleur jy die spasies met jou drome

Elke klippie in die water
maak ? rimpel wat iewers teen ? oewer speel
Elke spoor wat jy laat
word ? fragment van ? baie groter geheel
Legkaart teen legkaart gestapel
Waar momente in tyd mekaar vind
Kleurvolle stukkies van menswees
in ? lappieskombers gebind

REFREIN

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top