
Foto: Canva
Leemte
Ek hoor die vloede kom
Die golwe groei
Die glas breek om my
Jy roep die lente in my
Ek klim die trappe
Tralies, berge
Soek die hoogste piek
Jy sien die lente in my
Deur drome en denke
Wolwe en webbe
Al dieper in die woud
Die koue kleef nog
Die winter sny
Ek strek na stilte
Jy vou die lente om my


Kommentaar
Pragtig!
Baie dankie. xo
Opwindend hoe 'n mens 'n lewensfase herken in enkele woorde en jou daarmee kan vereenselwig.