Laurens van der Post

  • 3

Na aanleiding van my brief: “DIE GE-KAFOEFEL GEDURENDE DIE ENGELSE OORLOG (3 Apr 12)”, met spesifieke verwysing van ‘n gay insident tussen die Brit Maj Gen Hector Hamilton en ‘n onbekende Boere-krygsgevangene in Ceylon, het jy gerespondeer, en na die gruweldade van die Japanese in die film “Merry Christmas Lawrens” verwys, asook die gay ondertoon in die plot van die verhaal. Die verhaal kon nie in Ceylon afgespeel het, gesien dat die eiland nooit onder Japanese beheer gekom het nie, die hoofstad wel deur hulle gebombardeer. Die verhaal soos jy geskryf het, is gebaseer op Laurens van der Post se persoonlike ondervindinge gedurende die wêreldoorlog in die ooste.

Jy het tog my aandag gevestig op nog ‘n Afrikaner wat wêreld-beroemdheid verwerf het, ‘n Afrikaner wel polities uit pas met sy eie volksgenote van die tyd was, ‘n liefling van die koningshuis van Engeland, tot so ‘n mate dat Prins Harry (Prins Charles se jongste seun) ‘n Afrikaner als peetpa gehad het. Laurens van der Post is in Philipolis in die Vrystaat gebore, wat op die ou einde ook sy rusplek geword het (op 16 Des op 90-jarige ouderdom oorlede). Sy laaste woorde het hy in Afrikaans geprewel, “kyk hoe blink die sterre”. Ten tye van sy begrafnisrede in Engeland, was die enigste Suid-Afrikaner van die tyd teenwoordig, Mongusutu Buthelezi, tussen die Engelse adel (met al die lede van die koningshuis teenwoordig), Margaret Thatcher (sy buurvrou) en ander gesiene Europese en Amerikaners ook daar teenwoordig om hulde aan hom te bewys.

Laurens het ‘n ryk en sinvolle lewe geniet. Ek wil nie hieroor uitwei nie. Vir die wat belangstel kan sy lewe wel op die internet opvolg. My belangstelling is dat, indien hy nie ‘n gay klap weg gehad het nie, was hy baie nou verbonde met uitgesproke gays lewenslank gewees. (Hy was tweekeer getroud, en ook ‘n meisie van 14 swanger gemaak.) Sy eerste bekende gay en beste vriend, Plomer, het hy in Durban ontmoet toe hy 19 jaar oud was, en saam met hom drie jaar daarna in Japan deurgebring. Ander gays wat hy baie nou mee aan verbonde was, was lede van die Bloomsbury groep gewees, wat Keynes (die wêreld-bekende ekonoom), Virginia Woolf (lesbiese “socialite”), die skrywer EM Foster; Lytton Strachey, ens ingesluit het. Hy was ook op eerstevoet-kennis met die laaste onderkoning van India, Viceroy Louis Mountbatten, Prins Charles se liefling oom, wat ook gay was. Prins Charles het ‘n helde-verering vir Laurens gekoester. Die twee het ontmoet toe Charles ‘n jong man was en Laurens reeds in sy 70’s. (Ek lees glad nie hierin dat Charles ooit gay was of is nie.)

Ander gesiene Afrikaners se lewens wat ek voel meer aandag en navorsing behoort te geniet is Jan Smuts (persoonlike regsverteenwoordiger van gay Rhodes), Eugène Marais en Jan Hofmeyr (Onze Jan).

Jaco Fourie
 

 

  • 3

Kommentaar

  • Hello Jaco, 

     
    Kennis geneem van die deurmekaar spul met Ceylon, maar soos aangedui is die geskiedenis van daardie tyd nie welbekend aan my nie. Indien dit na van der Post self verwys dan is dit nog meer van 'n openbaring, maar ander wat ander insigte het kan bevestig. 
     
    Van jou lys name is die EM Foster en sy Maurice vir my ook 'n baken en 'n gay-verhaal wat my nog byblym biede die boek en die film. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter. 
  • Bester Wouter.

    Skuus.  Die brief was oorspronklik vir jou aandag aangegee, maar SeNet het vir een of ander rede jou naam uit my hoofopskrif verwyder.

    Jaco Fourie

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top