
Foto: Canva
Lapglimlag
Gemmerbroodman en gemmerbroodvrou
dis maklik om jou moed te hou
as jou glimlag vasgewerk is
Die dag breek en jy word vasgehou
Aangegaap en dopgehou
Towerman en towervrou
Dis maklik
lap en wol
helder kleertjies
Hardloop nou!
Smile and run
as fast as you can
Solank jou gemmerbene hou
Glimlag is maklik
Maar jou ogies jok vir my
Jy weet die jakkals wag
Gemmervroutjie
Jy weet jy gaan smelt
Maar jy hardloop
En jy glimlag
Jy hou jou kleertjies vas
Lap en wol
Dis maklik

