Lank, Lank Gelede
In die lente van my jeug, in die seisoen van vreugde
Tussen die reënboogskakerings van liefde
In die somer van seerkry en speel
In die hart van eenvoud en onskuld
Onthou ek jou glimlag en jou gil
Die skreeusnaaks en die stil
Die dapper danse deur die donker en die dorings
Die tweegevegte van tonge en konings in hemelhoë torings
REFREIN:
Lank, lank gelede iewers diep in my verlede
woed die hoekoms van my lewe en eggo in my hede
In die woud van wonders en woorde
In die koninkryk van sprokies en feeverhale
Op die skouers van verbeelding en vertroue
By die voete van vrede en vryheid
In die afhanklikheid van geloof, hoop en drome
In die teenwoordigheid van goedheid en guns
Onthou ek die lirieke van skaterlag en lewe
Die luidkeelse lied van liefde in die leemte
Die verhoudings en die vriendskappe
Die vrees vir verandering en die val van helde
BRUG:
Lank, lank gelede is die ou ek oorlede
Vaarwel my vriend, rus in vrede


