Landskap/Landscape, Oude Libertas

  • 0

 

27 & 28 Januarie: Landskap/Landscape
Prys: R 110/120/130
Tyd: 20h15
Duur: 90 min
Bespreek by Oude Libertas, Stellenbosch

 

’n Belewenis van uitnementheid wag vir elke gehoorlid, wanneer hulle luister na ’n konstellasie van 18 mansstemme uit die boonste rakke. ’n Keurig uitgesoekte koorrepertorium bou waardevolle brûe tussen die bekende en die onbekende, eksotiese en gewilde – en word op buitengewone manier en met oortuiging uitgevoer onder leiding van koormusikus Rudolf de Beer.

Die fassinerende kombinasie van Strijdom van der Merwe se kuns, Antjie Krog se gedigte en vier dansers vervleg met die kitaarspel van James Grace verseker ’n aand van betowering.

Die gehoor kan uitsien na oa Norwegian Edvard Grieg – I Himmelen (In Heaven), Cuban Calixto Álvarez – Lacrymosa (from Requiem) en German Franz Schubert – Psalm 23. Anna-Mart van der Merwe lees gedigte voor (ook met die Stellenbosch Men's Vocal Ensemble).

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top