Landskap/Landscape

  • 0

Met groot verwagting het ons Stellenbosch toe gery vir die bogenoemde opvoering. Die openingstonele het soveel belofte ingehou!

Ja, Anna-Mart was uitstekend soos gewoonlik – en James Grace onverbeterlik – so ook die dansers, alhoewel ons nie kon seker wees wat die danse uitbeeld nie. Dalk verskillende diere? Later ’n verhouding tussen man en vrou? Nietemin, mens kon hulle geniet sonder om presies te weet wat dit met Landskap te doen het.

Die groot probleem – en teleurstelling – was egter die mannekoor! Hulle het net te veel opgetree en die produksie oorheers ... en dit het later regtig knaend en vervelig geraak. Mens kon dink die aand was net ’n platform vir hulle ... en aangesien die taal (tale) wat hulle in gesing het meestal onverstaanbaar was, kon ons ook nie uitmaak wat dit met die tema van Landskap te doen gehad het nie.

Mens sou sekerlik eerder van ons elf tale in SA kon gebruik, want was die landskap dan nie ons land s’n nie? Waarom in Duits sing?

Die gebruik van die groot skerms was ook teleurstellend- hoekom een sanger se gesig vertoon ... waar was die landskappe? En waar was die kunstenaar Strydom se werk?

Nee, die koorsang het die geheelbeeld skade aangedoen - sou baie meer van Anna-Mart, James Grace en die dansers wou sien en hoor!! Miskien moes ons maar ’n program gekoop het - was die storie en simboliek miskien daarin weggesteek?

Dankie,

Denise McLoughlin

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top