"Lakenliefde" deur Danie du Toit

  • 0

Lakenliefde

Lakenliefde draai my toe
naadjie my dat ek ook blom
Wees my genadig en soen my weer
om die droom nog tyd te gee

Als is tog ? asemtog
Vir jou
hou ek my asem op

Lakenliefde loop langs my
dan baadjie ek jou ook warm
Dan teken ek goud mombaai bome op jou hand
en silwerblare op jou arm
Dan vryf jy die koors van my voorkop af
en deel my kleed se warm

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top