Laat elke ou self besluit oor Pretoria se naam

  • 0

Môre Jan, as jy mooi lees sal jy besef my brief is neutraal oor die Pretoria-kwessie. En ek dog jy sou liefs saamstem dat indien die naam verander, Pretoria op ’n mens se hart uitgekerf sal wees.

Vir my gaan dit nie oor die naamsverandering nie. Wel dat stappe gedoen moet word om inwoners daaroor te raadpleeg. Ek glo stellig dat die naam Pretoria nie net emosioneel vir wittes sal wees nie, maar ook bruines, swartes en Indiers.

Dink mooi – van meet af het die Gautengse regering na die stad as Pretoria verwys in sy Gautrein-projek. Tshwane het nooit vir een oomblik ingekruip nie.

Wat ek wel dink is dat jy my laaste sin verkeerd vertolk het:

Met soveel goeie herinneringe toon dit dat Pretoria as stad op jou hart uitgekerf moet wees.

Die gepolitiek vir of teen naamsveranderinge word juis grootliks gedryf deur mense wat nie opregte Pretorianers is nie.

Al verander die naam na Tshwane kan Pretoria nie uit my hart gehaal word nie.

Bly dit dieselfde beteken dit dat rassiste hul sin gekry het.

Die sin moes ek uitgelaat het, want ek daarvan ten gunste is dat die inwoners self moet besluit oor die naam.

Yuri

 

 

 

 

 

 

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top