Laaste nota: EU-krisis ’n kort opsomming

  • 0

Hello

Hier word die uitdaging deur FW formuleer:

Wat is die oorsake wat nou lei tot die totale ineenstorting van jou baken van die beskawing, die EU nie?

Aangesien hierdie ’n gewigte onderwerp is, kan dit nie lukraak behandel word nie en verlang dit ’n daadwerklike ordening van die material en soos alreeds aangedui die omvang van die materiaal is nou al enorm en word daardie uitdaging as sodanig aangedui in hierdie brief.

Hierdie verhoed egter nie Jan Rap nie om ’n antwoord te formuleer nie. Verwysing na Jan Rap se antwoord is nie ’n uitnodiging om dit te bespreek nie.

Die temas verwoord in Jan Rap se brief is “transformasie” en “immigrante”. Die terme word aangebied soos dit in Suid-Afrikaanse terme verstaan word en sonder geldigheid verplaas na Europa.

As ’n voorlopige antwoord was die volgende bespreking deur Martin Wolf aangebied vir Francois en enige ander belangstellendes wat ’n betroubare verklaring soek vir die EU-krisis.
Die rede hoekom die verskillende antwoorde teen mekaar opgestel word is die antwoord soos verwoord in die Jan Rap-brief wat as temas het “transformasie” en “immigrasie” en die temas van Martin Wolf se bespreking wat as temas het die skuld gemaak deur die burger in lande soos die VSA en natuurlik EU ook, net soos dit later ontdek is dat die skuld uitstaande deur die verskillende regerings is ook enorm.

Die eerste tema wat dus na vore kom uit die Martin Wolf bespreking is die massiewe skuldlas van die publiek en hulle regerings.

Tesame daarmee kom ’n tweede tema na vore, naamlik aanvraag wat beperk is en dus die ekonomie inperk.

Die langnaweek is om die draai en dit behoort moontlik te wees vir belangstellendes om na program in sy volledigheid te luister en ’n ingeligte vergelyking tussen die temas van “transformasie en immigrasie” soos vergelyk met die uitstaande skuld op publieke en staatsvlak en die gebrek aan aanvraag te kan maak.

Dit verduidelik hoekom gesprek oor die onderwerp nie ’n moontlikheid is nie, indien dit aangevoer word dat die rede vir die EU-krisis in transformasie en immigrasie” gesoek moet word.

Baie dankie

Wouter

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top