Laaste Hoop
In hierdie land tussen gras en sand
is ons voete stewig in die grond geplant
Die ekonomie en politiek
maak my radeloos vol kommer
Ek komkommer nie oor die landskap nie
en bekommer my nie oor die seevoëls nie
Maar die petrolprys, huur op elke huis
elektrisiteit, die gejaag na tyd
REFREIN:
Tog, die groter prentjie is okay
Al val alles uitmekaar is daar nog steeds jy
As jy my vashou kan ek vergeet van nou
ons kan kaalvoet dans in die oggenddou
My laaste hoop is aan jou lag geknoop
In die wildtuin loop die renosters leeg
en in elke dorp word daar moord gepleeg
“Die damme so droog” sê die argeoloog
en die rommelshope staan al hemelshoog
Ons toekoms hier word elke Nuwejaar gevier
tog is daar minder visse in die Vaalrivier
In die parlement verdwyn daar elke dag ? sent
en nog ? natuurramp tref ? plakkerskamp
REFREIN
My laaste hoop is aan jou mou geknoop
BRUG:
Want jy herinner my
die son kom elke oggend op
en die maan gaan rus sy moeë kop
En die sterre skyn in die hemelruim
Wat daar bo aangaan bly ? groot geheim
REFREIN
My laaste hoop is aan jou hart geknoop
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


