KykNET Hoogtepunte

Februarie 2013
Liefste Kayla
Dinsdae om 19:30
Episode 4
5 Februarie
Dis Valentynsdag en daar is liefde (en misverstande) in die lug! Dolf probeer sy bes om vir Kayla ’n geheime geskenkie te gee, maar elke poging misluk en Kayla glo uiteindelik dat Pierre Malherbe, die skool se hartedief, sy oog op haar het. ’n Pragtige meisie begin klavierlesse neem by Monja… dis liefde op eerste oogopslag vir Zander. Hennie vergeet van Valentynsdag en om op te maak, beplan hy en tannie Ansie ’n spesiale aand vir Monja. Oupa Frank help met die geheime beplanning en, soos gewoonlik, is daar skreeusnaakse gevolge.
Episode 5
12 Februarie
Kayla is opgewonde oor haar musiekvideo al meer as 2 000 kykers gehad het. Hennie en Monja is beïndruk, maar hulle herinner haar daaraan dat skoolwerk steeds eerste kom. Dis Familie Talentedag by die skool en Kayla en Chelsea se gesinne is eerste aan die beurt. Kayla is onsteld, want, volgens haar, is haar familie nie normaal nie. Nadia het ’n voorstel wat vir Kayla hoop gee …
Episode 6
19 Februarie
Dolf deel met Zander en Tjopper dat hy verlief op iemand is, maar hy wil nog nie sê wie nie. Chelsea vertel vir Kayla en Nadia hoe mal sy oor die Venters se vertoning by die skool was, en hoe graag sy hulle wil ontmoet. Nadia noem dat Kayla ’n sleepover hou en Chelsea nooi sommer haarself. Maar haar bedoelings is nie heeltemal so goed nie. Die aand van die sleepover is Kayla baie op haar senuwees oor hoe haar gesin vir Chelsea sal voorkom. Veral Oupa Frank wat voorberei vir ’n duik-kursus.
Episode 7
26 Februarie
Chelsea probeer haar bes om vir Kayla in die moeilikheid te kry. Sy oortuig haar pa om ’n musiekvideo talentkompetisie te loods met die hoop dat Kayla teen haar ouers se wil sal inskryf. Hennie en Monja dink aan maniere vir die Venter-gesin om geld te bespaar. Oupa Frank het sy eie blink idee. Hy roep die hulp van tannie Ansie in en natuurlik veroorsaak sy planne groot probleme in die Venter huishouding.
Reis na Gister
Vrydae om 19:30
Episode 5
1 Februarie
Lizz Meiring
Lizz Meiring is nie net een van Suid-Afrika se mees geliefde aktrises nie, sy is ook een van die mees hardwerkende én veelsydigste. In dié episode van Reis Na Gister, neem sy vir Jak de Priester terug na die Jakarandastad, waar sy grootgeword het.
Episode 6
8 Februarie
Piet Byleveld
Hierdie week in Reis na Gister ontdek Jak de Priester die wêreld soos gesien deur die oë van baasspeurder Piet Byleveld. Die span besoek die hartjie van die Waterberge waar hierdie legende sy speurvernuf ontwikkel het.
Episode 7
15 Februarie
Margiet Meyer-Rondenbeck
Jak de Priester ontdek die week dat dinamiet waarlik in klein pakkies kom wanneer hy saam met Dowwe Dolla terugreis na haar kinderjare in die mooie Kaap
Episode 8
22 Februarie
Peter de Villiers
Hierdie week kuier die Reis na Gister-span by Peter de Villiers in die Wes-Kaap waar sy liefde vir rugby tussen die Paarl se heuwels en wingerde begin het en waar hy vandag steeds woon.
Rian
Donderdae om 22:00
Episode 230
7 Februarie
In 2002 het Jak de Priester die ATKV Crescendo musiekkompetisie gewen. Oor die volgende tien jaar het hy stadig maar seker gegroei tot een van ons grootste Afrikaanse musieksterre en so tussendeur ook naam gemaak as ’n belowende digter. Sy nuwe gedaante is die van aanbieder van ’n nuwe kykNET programreeks. Jak praat met Rian van Heerden in Rian.
Groen
Sondae om 20:00
Episode 316
3 Februarie
Austin Roberts
Elke stad en dorp het parke met plant- en dierelewe, maar wat is nodig om dit op ’n volhoubare manier te doen? Dave soek na antwoorde op die vraag in die Austin Roberts Voëlpark in Pretoria.
Episode 317
10 Februarie
Blou Swaels
Die Blou Swael is krities bedreig in Suid-Afrika, en die toekoms lyk nie goed vir hulle nie. Kyk saam met Dave na die voëltjies, en beeldmateriaal van hulle wat nog nooit vantevore verfilm is nie.
Episode 318
17 Februarie
Kraanvoëls
Net waar die mens op aarde beweeg verander hy sy omgewing en pas dit aan, sommige diere is gelukkig daarmee en leef gelukkig voort, maar andere is skugter en probeer die mens vermy. Dave probeer die Kraanvoëls van die Natalse Graslande benader.
Episode 319
24 Februarie
Pikkewyne
Die Afrika-pikkewyn se toekoms lyk lank nie meer seker nie, en die redes is ingewikkeld en kompleks. Dave kyk na die lewenswyse van dié unieke voëls op Dyer Eiland.
Glam Guru
Vrydae om 18:00
Episode 121
1 Februarie 2013
Kry jou notaboek en pen byderhand of stel daardie PVR – Vanaand se Glam Guru is gepak met antwoorde wat gaan wys: mooiwees is maklik.
Episode 122
8 Februarie 2013
Vandag se Glam Guru is gevul met ’n groot lekkerkry. Met behulp van die Slender Wonder-dieetprogram het ma en dogter: Maryna en Maritza, suksesvol, hope gewig afgeskud. En Hannon gaan die suksesstorie mooi afrond met ’n pragtige nuwe voorkoms om hulle verder te inspireer.
Episode 123
15 Februarie 2013
Ann en Angelique se lewens het ’n nuwe rigting ingeslaan en vir Hannon is daar niks so opwindend soos ’n verandering nie! Dit beteken gewoonlik ’n nuwe uitkyk op die lewe en vir Ann en Angellique ’n opwindende voorkoms vir hierdie nuwe fase in hulle lewens.
Flieke
Hoofmeisie
7 Februarie om 20:00
Hoofmeisie is ’n skreeusnaakse familie-komedie wat handel oor vier laerskoolmeisies, wat onder die invloed van hul kompeterende ma’s dieselfde droom deel – om hoofmeisie van Laerskool Stumbo Pops te word. Met Mish’a el de Beer Ruan Wessels, Christel van den Bergh en Lida Botha. 2011
You must be Joking
19 Februarie om 20:00
Komedie. ’n Tipiese skelmfotografie kykie na die Suid-Afrikaanse publiek. Met Rina Hugo, Carike Keuzenkamp, Kallie Knoetze, Lukas Maree, Jannie Pretorius, Golda Raff, Fanus Rautenbach, Leon Schuster, Mike Schutte en Edwin van Wyk. Regisseur Elmo de Witt. 1985
Roepman
21 Februarie om 20:00
Roepman, is ’n Afrikaanse drama gegrond op Jan van Tonder se gelyknamige boek. Dit is die storie van ’n spoorweggemeenskap van die 1960's, soos vertel deur die oë van Timus, ’n elf-jarige seun. Die lewe van die mense in ’n spoorweggemeenskap volg ’n sekere roetine en dit word nie maklik versteur nie. Die roepman, wat die spoorwegwerkers elke oggend roep om werk toe te gaan, sorg dat alles bly soos dit is. Of so glo klein Timus. Maar niks kan altyd dieselfde bly nie, en kinderonskuld is iets wat nie lank hou nie. Timus kom dit gou agter en leer die weë van die grootmenswêreld ken deur sy verhoudings met sy gesinslede en sogenaamde vriende. 2011 Met Paul Loots, Andrew Thompson, Rika Sennett, Deon Lotz, John-Henry Opperman, Altus Theart en Lida Botha. Regie: Paul Eilers.
Oh Schucks ... Its Schuster!
26 Februarie om 20:00
In Oh Schuks… Its Schuster! Gebruik die koning van komedie, Leon Schuster, versteekte kameras en verskeie vermommings om die draak te steek met die Suid-Afrikaanse publiek.
’n Saak van Geloof
28 Februarie om 20:00
Die verhaal van 'n plattelandse gemeenskap wat met alles waarin hulle glo gekonfronteer word as ’n jong meisie aankondig dat sy swanger is, maar dat dit ’n vleklose ontvangenis was. Die rolprent is op ’n manier ’n hedendaagse hervertelling van die Christus-verhaal, en ’n versugting na ’n tyd toe wonderwerke nog aan die orde van die dag was. Met Robbie Wessels, Lelia Etsebeth, Vanessa Lee, Michael Brunner, Niekie Van Den Berg en Riana Nel in die rolverdeling.
Fiësta
Maandae om 19:30
Episode 498
4 Februarie
Pioneer Rally
Die Pioneer Rally word jaarliks aangebied om geld in te samel vir die blinde skoliere van die Pionierskool in Worcester. Tydens hierdie Rally skuif bekendes agter die stuurwiel van ’n motor in en word hulle deur die blindes in braille genavigeer op ’n roete wat deur Sarel van der Merwe ontwerp is. Jaarliks word nuwe vriendskappe sodoende gesmee. Fiësta en ons gas-aanbieder, Mari Molefe van Heerden van Villa Rosa-faam, het kom saamkuier.
Episode 500
18 Februarie
Innirietfees
Pongola in Kwazulu-Natal is suikerrietwêreld en vandeesweek besoek Fiësta hierdie dorp vir die heel eerste keer vir hulle Innirietfees. Benewens al die bedrywighede op die fees, het ons span die geleentheid gebruik om hierdie dorp, sy mense en omgewing behoorlik te leer ken. Kunstenaars soos Ricus Nel, Adam, Theuns Jordaan en die groep NRG het kom saamkuier. NRG was vandeesweek ons gas-aanbieders.
Kriminele Meesterbrein
Dinsdae om 21:00
Episode 26
5 Februarie 2013
’n Ikoon Verlore vir Altyd: Die Lucky Dube Storie
Op 18 Oktober 2007, is die Reggae-ster, Lucky Dube, doodgeskiet in ’n mislukte motorkaping in Rosettenville, Johannesburg. Ons volg die storie oor die dood van Suid-Afrika se Reggae-legende; die gevolglike publieke opstand teen misdaad, die foltering waardeur sy familie gegaan het en die ongelooflike forensiese werk wat die saak oopgevlek het en die skuldiges agter tralies laat beland het.
Stroom-Op
Episode 8
4 Februarie 2013
Ton Vosloo
Ton Vosloo is op 29 September 1937 op Uitenhage in die Oos-Kaap gebore waar hy grootword en matrikuleer aan die Hoërskool Brandwag. Hy en sy ma Hester en suster Joan het ’n hegte familie gevorm nadat hy op ’n vroeë ouderdom eers sy pa en toe sy ouer broer verloor. Sy joernalistieke loopbaan begin reeds op skool met die verskaf van sportuitslae aan die Oosterlig koerant waar hy in 1956 as jong weetgierige verslaggewer begin werk. Ton was ’n toegewyde voltydse joernalis tot en met 1983, toe hy die invloedryke redakteur was van die suksesvolle Afrikaanse dagblad Beeld. Ton was redakteur van Beeld van Mei 1977 tot Februarie 1983. Hy word Besturende Direkteur van Naspers Bpk in 1984 en dien dan ook as Uitvoerende Voorsitter van Naspers van September 1992 tot (30) September 1997. Uit die Kaap het hy die maatskappy bestuur totdat dit een van die grootste mediagroepe in die wêreld word. Dit kon hy nie vermag sonder om dikwels teen die “stroom op” te beweeg en radikale aanpassings te maak om die maatskappy te laat aanpas by vinnig veranderende omstandighede nie. In hierdie posisie kon hy sy groot liefde vir Afrikaans, die natuur, musiek, lees en mense uitleef. Vandag is Ton Vosloo Nie-uitvoerende Voorsitter van Naspers tot en met 29 September 2014.
Fees van die Ongenooides
Dinsdae om 20:00
Episode 4
5 Februarie
Wynand van Wyk verneem van sy kind Driena se dood en maak sy opwagting by die graf. Martie besef hy het oorgeloop na die Britte en verwilder hom. 31 Mei 1902 en vrede word verklaar. Daantjie beplan sy terugkeer. Magrieta en Philip groet.
Episode 5 – Reeks eindig
12 Februarie
Die Van Wyks en Sannie Minter keer terug na hul verwoeste plaas, Goedgedacht. Die swakkeling Jakob Minter en Greeff veroorsaak Harry se dood. Martie en Siena begin ook met ’n nuwe lewe. Daantjie keer terug en hy en Soldaat word deur Danie ontmasker. Dis die jaar 1947 en die bejaarde Daantjie leef steeds ’n leuen wat soos ’n kanker in Soldaat bly sit. Op Soldaat se sterfbed bieg hy teenoor Magrieta en die waarheid maak hom vry. ’n Onverwagte besoeker arriveer op die plaas…
Verspeelde Lente
Vrydae om 20:00
Episode 2
1 Februarie
Gert Greyling kom Pop tee nadat sy die hele dag besig was op ’n stowwerige ploegland. As hy neerhalend van haar voorkoms praat slaan sy hom met die sweep. Tot sy ergernis vind sy pa, Jan Greyling die storie vermaaklik. Hermaans raak dik vir die gesukkel en besluit om werk te gaan soek op die myne. Oom Jan Greyling vry in alle erns na Pop. Sy maak die vryery so moeilik moontlik vir die ou man maar dan dring die swaarkry en armoede om haar tot haar deur en as hy haar vra om te trou sê sy ja.
Episode 3
8 Februarie
Hermaans Cronje kom uit Johannesburg met nuus van baie geld, motorkarre, hoë geboue en werk vir almal. Hy het verblyf gekry en Pop kan nou saam met hom terug myn toe. Hulle kan trou en in die stad gaan woon. Die nuus van Pop se naderende troue met oom Jan Greyling is ’n wrede ontnugtering vir hom. Hy probeer sy ma en pa omhaal om alles op die plaas te laat en saam met hom Johannesburg toe te gaan, maar hulle sien nie kans nie en Hermaans val alleen en baie verbitterd in die pad terug myn toe. Pop trou met Oom Jan Greyling. Na die vrolike troue neem hy haar Driefontein toe as die vrou van die rykste boer in die distrik.
Episode 4
15 Februarie
Na Pop se troue met Oom Jan Greyling moet sy die rol van rykmansvrou aanleer. Alles is vreemd: Die oorvloed kos op die tafel, die baie bediendes, die kontant wat sy inkry met haar pluimveeboerdery… Gert Greyling maak die lewe so onaangenaam as moontlik vir sy nuwe stiefma maar na ’n voorval tussen Pop en sy pa, raak hy en Pop groot vriende. Jan word gevra om hom beskikbaar te stel as LPR van die wyk. Om sake deur te kyk gaan hy vir ’n paar weke stad toe en Pop en Gert bly alleen agter op die plaas…
Episode 5
22 Februarie
Hermaans Cronje keer terug uit Johannesburg om sy pa te kom begrawe. Pop is hewig ontsteld oor haar gewese minnaar se teenwoordigheid op die buurplaas… Ook oor haar verhouding met Gert wat handuit geruk het en oor haar man wat stad toe is en haar alleen met die boerdery gelos het. Na die begrafnis vertrek Hermaans en sy ma terug stad toe. Oom Jan keer terug en Pop raak verwagtend. Gert verlaat die plaas om vir ’n dokter te gaan leer en ’n erfgenaam vir Driefontein word gebore.
Kom ons Karaoke
Episode 4 (4/8)
2 Februarie
Sunset Rockers, Lyf Teen Lyf en Bundu Band. Almal baie unieke name met net soveel unieke talent. Ons groepe sing dit uit vanaand in 5 opwindende musiekspeletjies. Wie gaan uitblink in Duet Pret om dinge uit te karaoke in Karaoke Konings?
Episode 5 (5/9)
9 Februarie
Die Falsettos is defnitief nie vals nie en Retail City en Touch Time wys vir ons ook dat hulle weet hoe om te karaoke. Maar gaan hulle musiek kennis hulle punte verwerf of punte kos? Of gaan die kanaries nie vanaand vir hulle ’n paar punte los sing nie?
Episode 6 (6/10)
16 Februarie
Juba, ons boere van die Waterberge karaoke dinge uit teen Mal Annie en die manne en Questions van Pretoria. Watter groep se karaoke talent gaan die kykers vanaand bevraagteken?
Episode 7 (7/11)
23 Februarie
Ons het vandeesweek net een doring tussen al die rose met die dames wat vanaand uithaal en wys wie kan nou eintlik karaoke. Arch Angels, Joyful Hats en die dames van Afro Dolls sing dit uit hierdie week.
Boerekos
Sondae om 18:00
Episode 2
3 Februarie
Hierdie week gaan ons Strandveld toe waar ons plekkies soos Kleinbaai, Franskraal en Baardskeerders-bos besoek. Ons kook ‘Oom-en-Tante’, ’n droeëboontjie en stampmieliesop wat met beesskenkels gaargemaak word, kuier saam met die skrywer SD Fourie… Bak 20 dosyn Hertzoggies… ’n paar jong manne haal allekrik uit wat in die swartpot gaargemaak word… En dan is daar nog vissop en oondgebraaide lamsblad ook op die spyskaart.
Episode 3
10 Februarie
Hierdie week besoek Dine die Weskusdorpe Laaiplek, Veldrif en Dwarskersbos waar sy onder meer ingelegde vis help maak en aan toepens-harders wat op die kole gebraai is, smul. Sy vertel ook waar bokkoms vandaan kom en skep vir ons ’n deeglike porsie melkkos wat van snysels gemaak is.
Episode 4
17 Februarie
Ons vat die pad Overberg toe waar Dine koeksisters by die dosyne op Caledon gaan help bak. Op Genadendal maak sy vir ons groenboontjiebredie en pampoenkoekies en op ’n plaas naby Riviersonderend sit ons saam met haar aan vir skenkelpastei en kaiingbrood.
Episode 5
24 Februarie
Wanneer die eerste soetmos tydens parstyd in die Boland beskikbaar is, is dit tyd vir mosbolletjies bak. Dine van Zyl gaan kuier op Rawsonville naby Worcester by ’n tannie wat wéét hoe. Verder maak Dine ’n paar onthullings oor bobotie, en dan is daar sowaar ook nog tyd vir beesstert, hoenderpastei met skilferkors en fluweelpoeding.
Dis Hoe dit Is
Heruitsendings van reeks IX Vrydae om 21:00
Episode 179
1 Februarie
Mimi Coertse, Manuel Escorcio, Quintus Jansen, Jannie Moolman
In hierdie episode gesels ons met kunstenaars wat ons land se naam hoog gehou het deur op internasionale verhoë te presteer.
Episode 180
8 Februarie
Ses Snare, Mauritz Lotz, Andries Botha
Dis die laaste episode in hierdie reeks van DHDI. En ons hou vanaand partytjie. En vir 10 jaar op die Kyknet-kassie! Op ons gastelys is ’n klomp ongelooflike musikante, sangers en persoonlikhede wat almal ’n besondere bydrae gemaak het tot my lewe, tot die Afrikaanse musiekbedryf en daarom ook tot jou lewe! Maar die een ding wat vanaand se gaste met mekaar in gemeen het, is dat hulle almal ’n kitaar kan maak krul van lekkerkry!
Molly en Wors II
Maandae om 20:00
Episode 31
4 Februarie
IENIE MEANIE MINIE MOE
Molly besluit om die hele gesin op ’n gesonde vrugtedieet te plaas omdat sy wat Molly is, gewig opgetel het. Blapsie meen dis onregverdig. Wors en Vaatjie bly liewers net stil. Blapsie is boonop ook onsteld omdat arme Theunis van Rooyen nou berading kry, omdat hy vas glo hy het sy ouers se huwelik laat verbrokkel. Almal weet dis ’n ontkleedanseres en nie Theunis wat die oorsaak was nie. Wors nooi sy ma vir ete. Die hele gesin wil die hasepad vat. Wors wil Ella daar hé, omdat hy haar wil herhinner aan die finansiële hulp wat sy hom belowe het met Blapsie se duur "beauty school" fooie. Ongelukkig het Ella ’n tydelike kontantvloeiprobleem as gevolg van die feit dat daar deesdae ’n casino om elke hoek en draai is, en kan Wors glad nie meer help nie. Sy is op soek na ’n blyplekkie en meen Vaatjie se rondawel is idiaal geskik. Molly dreig om Wors te skei as sy ma daar intrek.
Episode 32
11 Februarie
KOMMUNIKASIE
Wors is in die dog box omdat Molly voel hy kommunikeer nie genoeg met haar nie. Vaatjie is bekommerd oor sy vriend Theunis, want sy ma dwing hom om ’n skewe sielkundige te besoek. Die mors lelik met sy kop, en vra hom allerhande persoonlike en ongemaklike strikvrae. Vaatjie reken Theunis se probleme begin en eindig met Blapsie. Ouma Ella daag ongenooid op om Wors te vra of sy by hulle mag intrek. Molly weier volstrek en Wors moet kies tussen sy ma en vrou, uit die aard van die saak ’n verloor-veloor situasie vir hom, maak nie saak wat hy doen nie. Blapsie betrap Theunis en Vaatjie in mekaar se arms. Wors dink hulle stoei net, maar Blapsie is ontroosbaar. Vaatjie en Theunis moet mooi verduidelik, dit het met Theunis se sielkundige te doen, voordat Blapsie hulle vergewe. Molly dreig om uit te trek as Ella in trek.
Episode 33
18 Februarie
NAAKTE NUUS
Vaatjie vertel sy ma-hulle van ’n nuwe nuusdiens op die internet, waar al die nuuslesers naak is. Molly dink dis vieslik en moet verban word. Wors wil weet of Melvin by die werk se computer dit ook sal kan opvang. Blapsie nooi vir Hardus, om as model op te tree, by haar skool se praktiese klasse. Theunis is onsteld dat sy hom nie gekies het nie. Molly is vies vir Wors en skryf oorhaastig lelike goed van hom in haar dagboek. Later sukkel sy om dit uit te vee, want sy het dit eintlik nie bedoel nie. Wors ontdek dat Molly die kode vir hulle dekodeerder al vir vier jaar kamstig nie meer kan onthou nie. Sy kollegas by die werk sê hy moet sy voet neersit en vir haar wys wie dra die broek in die huis. Hy doen dit en kry ’n bak pasta oor sy kop vir sy moeite.
Episode 34
25 Februarie
SONSKYN PARADYS
Blapsie het ’n pasiënt nodig vir haar masseerklas en sy kies Hardus Volgel. Eerstens omdat hy ’n ongelooflike six-pack het en tweedens omdat hy ’n kar het. Vaatjie is erg onsteld dat sy nie vir Theunis van Rooyen gekies het nie, maar erken Theunis het nie een van bogenoemde nie. Ouma Ella maak weer haar verskyning, want sy het ’n sakie wat sy persoonlik met Wors moet bespreek. Ella het vir Wors kom vertel dat Herman Louw by haar gaan intrek sodra sy uit die kliniek ontslaan word. Gedurende haar kuiertjie dobbel sy ook Wors se kredietkaart op Vaatjie se rekenaar leeg en Molly stel aan Wors ’n ultimatum - dis of sy of sy ma....
Roer
Herhaling van vorige Roer episodes weeksdae om 17:30
Episode 219
1 Februarie
Lika Berning
Lika Berning is ’n nuwe naam wat nog diep in mense se harte gaan kruip. Nie net is sy ’n veelsydige aktrise nie, sy vat ook nou en dan ’n kans in die kombuis. Vermaak in al sy vorme, net op ROER!.
Episode 220
4 Februarie
Four Jacks and a Jill
Die legendariese groep Four Jacks and a Jill kom maak weer ’n draai terug op die kassie as Glynis en Clive vir ons ’n maaltyd uit die hemel voorberei. Kerrie en gemmertert op sy beste.
Episode 221
Karin Kortje
5 Februarie
Karin Kortje wys vir ons dat daar meer in haar steek as net ’n soet stem. Sy bak en brou met haar liefde aan haar sy en leer ons ’n ding of twee oor huiskos en familie.
Episode 222
6 Februarie
At Botha
At Botha is nie net ’n bekroonde akteur nie, hy is ook ’n bekende skilder en het ’n slag met kos - sowaar ’n man met vele talente. Kos vol karakter net op ROER!
Episode 223
7 Februarie
Robert Bester
Robert Bester maak knieë lam net waar hy gaan, en na hy hierdie week sy staal gewys het agter die kospotte gaan hy selfs nog meer harte sag maak. Kom kyk hoe hierdie sag op die oog akteur skitter in die kombuis.
Episode 224
8 Februarie
Francois Ferreira en Errieda du Toit
Die glanskok Francois Ferreira en die huiskok Errieda du Toit maak vir ons kuierkos in die Kaap. Daar word omtrent gekook en gebabbel hierdie week op ROER!
Episode 225
11 Februarie
Stian Bam
Stian Bam mag dalk ’n rokjagter op skerm wees, maar in regte lewe is hy gelukkig getroud. Hierdie week berei hy en sy vrou Truda vir ons smaaklike vegetariese kos met styl.
Episode 226
12 Februarie
Ivan Zimmerman
Ivan Zimmerman is nie net ’n talentvolle akteur en sanger nie, maar ook ’n kranige branderplankryer. Hierdie week kuier ons in Bloubergstrand en trek saam met Ivan inspirasie uit die see.
Episode 227
13 Februarie
Chris van Niekerk
Chris van Niekerk mag dalk weet wat hy doen op die kassie en op die verhoog, maar hoe gaan sy oudisie in die kombuis afloop? Gesellige kos en kuier net op ROER!
Episode 228
14 Februarie
Rudi en Corlea
Hierdie week wys die sangpaar Rudi en Corlea vir ons hoe hulle selfs agter die kospotte hul ding saam as ’n span kan doen. Wie kyk en wie eet ?
Episode 229
15 Februarie
David Reese
David Reese of soos baie hom ken, Nick van Egoli, is ’n groot man met ’n groot aptyt. Kom kyk wat maak sy maag vol en sy kniee lam. Akteur in aksie, net op ROER!
Episode 230
18 Februarie
Nadia Valvekens is aktrise wat vinnig in kykers se harte ingekruip het met haar warm persoonlikheid en hope talent. Kom kyk hoe sy haar rol as sjef vertolk, net op ROER!
Episode 231
19 Februarie
Helene Lombard
Helene Lombard is ’n donkerkop vol agendas en talent. Hierdie week wys sy ons hoe om gesond dog dekadent te kook en te lewe. Hierdie ma van drie weet beslis hoe om ’n spyskaart vol genot aanmekaar te slaan.
Episode 232
20 Februarie
Andre Weideman
Andre Weideman staan nie net bekend as die kar-man van La’twiel nie, maar ook as die man met die goue stem. Kom kyk hoe praat hy sy weg oop in die kombuis.
Episode 233
21 Februarie
Snotkop
Francois Henning, ook beter bekend as Snotkop gaan hierdie week in “Roer” wys dat hy nie ’n snuiter is wanneer dit by kosmaak kom nie. Hy gaan agter die kospotte inskuif om vir ons “Thaise-spicy” smulkos voor te berei. Maak seker jy’s voor die kassie vir dié rebelse kos vol houding.
Episode 234
22 Februarie
Tanya Fourie is ’n gesig wat mens nie maklik vergeet nie. Ons gaan kuier by een van haar gastehuise in Kaapstad en vind uit waarmee hierdie skoonheid haarself deesdae mee besig hou.
Episode 235 – Nuwe reeks XII
25 Februarie
Hannah en Bok
Ons skop hierdie seisoen af met ons eie glanspaartjie, Hanna en Bok. Die liefde blom as dit by hul verhouding kom, maar sal hierdie twee lieflinge kan saamstaan agter die kospotte. Kos uit Mosambiek, net op Roer!
Episode 236
26 Februarie
Hierdie week word ons gasvry onthaal deur die bekende akteurspaar, Zak en Magda. Hierdie twee maak ’n gedugte span op die verhoog en ook in die kombuis. Huiskos net op Roer!
Episode 237
27 Februarie
Ray Dylan kan sing en hy kan onthaal, maar kan hy kook? Kom kyk hoe word daar gebaljaar as hierdie bekende sanger sy beste gee agter die kospotte.
Episode 238
28 Februarie
Louis van Niekerk is ’n legende en sy reputasie as goeie kok word weereens bewys hierdie week op Roer, as hy vir ons van sy gunsteling resepte voorberei.
Wie Lê Waar?
Herhaling van reeks Maandae om 21:30
Episode 4
4 Februarie
In vanaand se episode ontmoet ons in die sprokieagtige Nieu-Bethesda, waar die mistieke Helen Martins gebly het. Saam met Piet Botha verken ons eers die klein dorpie voor ons aanklop by die wêreldbekende Uil Huis waar die misterieuse vrou wat haar sieklike moeder versorg het tot dié se dood, een aand self siek in die bed gelê en na die maan gekyk het. Dis die nag wat Miss Elen, soos sy bekend was, besluit het om haar wêreld te transformeer met lug en kleur: Eers haar huis met fyngemaakte gekleurde glas orals oor die mure en dak en toe die tuin. Ons wandel saam met Piet deur dié tuin vol sement figure, kamele en uile wat verskillende fasette van die mens se soeke uitbeeld. Dan gesels ons met die kurator Hulda Eloff Van Wyk oor Helen se lewe en werke en Helen se jarelange vriend en helper, Koos Malgas se kleinseun, Justin Malgas. Dis dan ook in haar geliefde kameel tuin waar Piet aan die einde van die eerste segment ons vertel van Helen se tragiese selfmoord en dat haar as tussen haar beelde en uile gestrooi is.
Van Nieu-Betesda na Wildernis waar die sanger en akteur Gé Korsten sy laaste dae deurgebring het. Piet voer `n onderhoud met Gé se dogter Linda, wat ons meer vertel van Gé as Pa en familie figuur. Ons kyk na grepe uit die noemenswaardige man se loopbaan en wys waar Gé se as gestrooi is vanaf die rotse by Victoria baai.
Episode 5
11 Februarie
Piet besoek die King Shaka visiting center aan die dorpie Stanger op die KwaZulu Natal se kus. Die dorpie is waar Shaka se koninklike kraal oorspronklik was. Hier vind ons meer uit oor die Zulu kultuur en tradisies asook Shaka se bloedlyn. Dis dan ook in die middel van hierdie kraal waar Shaka begrawe lê na hy deur Dingaan en twee handlangers vermoor was.
In die tweede insetsel besoek Piet die graf van Johannes Kerkorrel. Die Afrikaanse sanger het die musiekmark trompop geloop met sy alternatiewe benadering tot plaaslike musiek en daardeur dit “bevry”. Dan reis ons na Kleinmond waar Kerkorrel selfmoord gepleeg het en gaan soek sy graf op in die Somerset Wes begraafplaas.
Episode 6
18 Februarie
Piet reis na die Universiteit van Stellenbosch se kampus waar hy meer gaan uitvind oor die legendariese rugbyspeler en -kenner Dr Danie Craven. Ons besoek Doc se kantoor en museum wat talle van sy lewenswerke en memorabilia tentoonstel en soek dan sy graf op buite die dorp by Papegaaiberg in Stellenbosch se begraafplaas.
In die tweede segment stel Piet ondersoek in na waar Daleen Mathee se graf is. Hy reis na haar geliefde Knysna Bos waar sy verlief geraak het op die bos en sy olifante van ouds. Die bos waar sy inspirasie gekry het vir haar bekende bos boeke. Aan die einde van die episode wys Piet ons die plek uit waar haar as gestrooi is by Chrisjan se nek in die Knysna Bos.
Episode 7
25 Februarie
Piet verken die Sol Plaatjie munisipaliteit van nader – of soos ons weldra uitvind – daardie plek met die groot gat, Kimberley. Om op die spoor van Solomon Plaatjie se graf te kom, vat Piet die spoor van die nederige hoftolk en briljante skrywer wat gemoeid was met die regte van ander – in lewe en dood. Piet besoek die Sol Plaatjie museum wat vroeër jare as sy woning gedien het en gaan draai by Solomon Plaatjie se graf in die begraafplaas buite die dorp.
In die tweede segment kyk ons na waar die bekende skrywer en storie verteller Pieter Pieterse se laaste rusplek is. Piet reis na van die gunsteling plekke waar die bekende skrywer sy karavaantjie getrek het om uit te span en aan `n nuwe reeks te skiet of boek te skryf. Aan die einde van die episode besoek ons die NG Kerk op St. Helenabaai waar sy as vandag is.
Ouverture
3 Februarie
Giselle (ballet) E
’n Ballet in twee bedrywe met musiek van Adolphe Adam. Dis ge-inspireer deur ’n gedig van Heinrich Heine en vertel die verhaal van ’n meisie, Giselle, wie se spook haar geliefde na haar dood teen ’n groep bose geeste, die Wilis, beskerm. ’n Opvoering deur die Stuttgart Balletgeselskap met choreografie deur Marcia Haydée. Die soliste is Birgit Keil, Tamás Detrich, Richard Cragun, Melinda Witham en Jean-Christophe Blavier.
10 Februarie
Andrea Bocelli uit Central Park P
Die wêreld se mees geliefde tenoor, Andrea Bocelli, tree saam met die New Yorkse Filharmoniese Orkes in Central Park op. Sy gaste is Celine Dion, Tony Bennet en Bryn Terfel. Die dirigent is Alan Gilbert.
17 Februarie
Europa konsert uit Oxford E
Die Berlynse Filharmoniese Orkes word gedirigeer deur Daniel Barenboim in die Sheldonian Teater van die Universiteit van Oxford. Die tjellis, Aisa Weilerstein, is die solis in die Tjellokonsert van Elgar. Die uitvoering sluit ook musiek van Wagner en Brahms in.
24 Februarie
Drie Supersterre by die Waldbühne P
’n Konsert met die Russiese sopraan Anna Netrebko is altyd ’n opwindende gebeurtenis. In hierdie uitvoering deel sy die verhoog met die tenoor Jonas Kaufmann en die bariton Erwin Schrott, twee supersterre in eie reg. Die Praagse Filharmoniese Orkes word gedirigeer deur Marco Armiliato.
Villa Rosa
Maandae tot Donderdae om 18:00
Episode 1624 – Maandag, 4 Februarie 2013
Liz maak ’n skokkende bekentenis wat Isabel met ander oë na haar laat kyk. Wouter en Nadine sluip laataand by die Villa in, maar dan vang die verkeerde persoon hulle. Vicky kry dit uiteindelik reg om Marius in haar vertroue te neem en Hermien paai vir Stef wat bedenkinge oor haar bouer het. Intussen het Martie griep en die Villa se manne dop soos vlieë om...
Episode 1625 – Dinsdag, 5 Februarie 2013
Die Villa se manne is almal siek in die bed en Sussie en Fran moet behoorlik bontstaan. Dan besluit Martie dis tyd om te vertrek en die olikes voel skielik beter. Fran en Fritz probeer sin maak van ’n kaart wat hulle in die kissie ontdek het en Zirk brand van nuuskierigheid. Vicky sien nie kans vir die lewe van ’n enkelouer nie en Suria se hart klop tjoklits wanneer sy naby Marius is.
Episode 1626 – Woensdag, 6 Februarie 2013
Baasspeurders Fritz en Fran probeer steeds die geheim van die kissie ontsyfer. Lerato en haar Dads berei voor vir ’n jaar van studies en Vicky neem ’n besluit waaroor sy en Marius swaarde kruis. Sussie het drome van haar eie. maar maak tyd om Wouter uit ’n verknorsing te help. Zirk sluip in die gange rond en probeer meer as net Liz se aandag steel. Wat presies soek hy?
Episode 1627 – Donderdag, 7 Februarie 2013
Lerato is vasbeslote om die geheimsinnige gedig uit te pluis. Wouter en Nadine is baie verlief, maar Suria laat Petrus verstaan sy stel net belang in ’n vriendskap met hom. Lerato en Suria besef hulle het baie in gemeen, Vicky vertrek om die aborsie te laat doen, Hermien se voorlegging is suksesvol en Liz gee haar oor aan Zirk se wellus. Wanneer Vicky terugkeer is dit asof die dood oor die Villa hang.
Episode 1628 – Maandag 11 Februarie 201
Vicky maak ’n groot onthulling, en word ondersteun deur die Villa Rosers. Zirk steek sy neus in Fritz se sake, en probeer steeds vir Hermien uitoorlê, terwyl hy en Liz al nader aan mekaar beweeg. Sussie kry heimwee, en Wouter mis vir Nadine. Marius maak ’n opwindende besluit, en Lerato en Suria moet inspring om te help. Gerhard sorg vir ’n verrassing...
Episode 1629 – Dinsdag, 12 Februarie 2013
Lerato sukkel om ’n tema te kry vir Bakgat se opening en Marius skiet al haar voorstelle af. Oom Gerhard se Boeremark neem afmetings aan wat Fritz tot kommer dryf terwyl Sussie se lading en haar kommer oor Vicky groot konsternasie veroorsaak. Liz is bekommerd oor Fritz en Lerato se gesnuffel oor Zirk se verlede.
Episode 1630 – Woensdag, 13 Februarie 2013
Liz kry haar sin wanneer Zirk Hermien op haar plek sit. Ten spyte van Isabel se waarskuwing sit Fritz en Lerato hulle ondersoek na die Fuchs-familie voort. Lerato vra Liz om ’n bekende persoon te kry wat by Bakgat se opening kan optree. Hermien rig ’n uitnodiging aan Stef en Fritz keer van die argief af terug met vreemde nuus. Intussen word alles te veel vir Sussie. Sy is gefrustreerd met haar lewe sonder liefde en oorweldig deur haar pligte in die Villa...
Episode 1631 – Donderdag, 14 Februarie 2013
Dis Valentynsdag maar nie almal is in die bui vir liefde nie. Lerato waarsku nogmaals vir Suria maar sy wil nie van Marius vergeet nie. Wouter het net oë vir Nadine en Vicky glo dis net ’n kwessie van tyd voor Marius haar weer raaksien. Jay daag op vir die Bakgat opening en die klomp hou heerlik partytjie, ten spyte van Ruby se skielike aankoms.
Episode 1632 – Maandag, 18 Februarie 2013
Hermien keer triomfantelik terug uit Windhoek, maar voel Stef hy’t nou meer vrae as antwoorde. Daar heers opgewondenheid oor die afgelope boeremark en dis Ruby se eerste dag by die werk. Liz snuffel rond, maar gaan Zirk altyd almal een voor wees? Vicky aanskou ’n oomblik tussen Marius en Liz wat haar tot ander insigte bring.
Episode 1633 – Dinsdag, 19 Februarie 2013
Hermien laat ’n geskokte Vicky verstaan sy is gelukkig om nie van brandstigting aangekla te word nie. Ruby plaas druk op Stef om die bestuurder van die drankwinkel te dagvaar, Gerhard oorweeg dit om vir hom blyplek in die dorp te kry, Liz besef Fritz en Lerato is op soek na dieselfde skat as Zirk. Wouter vererg hom vir Stef wat inmeng in sy lewe. Isabel is bekommerd oor Fritz en Lerato se veiligheid, maar Liz verseker haar sy hou ’n wakende oog.
Episode 1634 – Woensdag, 20 Februarie 2013
Wouter se laataand-kuier word uit verband uit geruk wanneer almal die ergste afleidings begin maak ... Tot Fritz hom konfronteer en Wouter met ’n uitlating kom wat Fritz nie verwag het nie. Werklose Ruby kry nuwe idees oor hoe om haar meer permanent by die Villa in te wurm. Stef tob oor Hermien – wie is hierdie vrou werklik en wat weet sy...
Episode 1635 – Donderdag, 21 Februarie 2013
Liz sien nie meer kans vir haar werk as geheime agent nie. Stef vind uit Isabel wil Hermien probeer uitoorlê, terwyl Ruby haar beste voet voorsit om die Villa se nuwe amptelike skoonmaker te word. Marius vertrou nie Vicky en Liz se skielike vriendskap nie, en Petrus probeer weer om Suria uit te neem. Intussen beplan Wouter en Nadine iets in die geheim...
Episode 1636 – Maandag, 25 Februarie 2013
Fritz is erg ontstoke oor Wouter se tatoeëermerk, maar Wouter steur hom min aan sy oupa. Intussen is Ruby besig om haarself by die Villa in te wurm en dink sy trakteer die inwoners met haar vreemde disse. Hermien probeer Gerhard subtiel oortuig om ’n erf te koop, maar hy is nog huiwerig, terwyl Isabel steeds voorgee dat sy ook belangstel. Almal is verlig wanneer Sussie terugkeer, maar daar wag ontstellende nuus op haar ...
Episode 1637 – Dinsdag, 26 Februarie 2013
Wouter en Nadine kuier lustig voort na hul die spesiale brownies geëet het, maar dan beland dit tot Marius se konsternasie in die verkeerde hande. Stef kry nog ’n misterieuse oproep en Fritz het nuus vir Zirk en Hermien. Wouter is klei in Nadine se hande en Zirk en Lerato maak tegelykertheid skokkende en opwindende ontdekkings.
Episode 1638 – Woensdag, 27 Februarie 2013
Fritz sit Hermien op haar plek nadat sy hom probeer omkoop met ’n stuk grond. Zirk stel sy planne in aksie om in die gat in die studeerkamer te gaan snuffel. Stef en Isabel besef Hermien is agterdogtig oor Isabel se besluit om in te koop. Nadine draai Wouter weereens om haar pinkie. Suria soek toenadering by Petrus en Zirk probeer uitvind waarmee Liz besig is.
Episode 1639 – Donderdag, 28 Februarie 2013
Wouter help vir Nadine uit die verknorsing, maar skep sodoende sy eie. Stef en Isabel moet alles in hul vermoë doen om nie Hermien se agterdog te wek nie, en hulle kry ook skokkende inligting oor haar en Zirk se ontwikkeling. Zirk sit sy geheime soektog voort, en Lerato se skatdrome word al groter. Wanneer Lerato haar ontdekking met Fritz deel, besef Liz sy sal moet ingryp.
Binneland
Weeksdae om 18:30
Vrydag, 1 Februarie (Episode 480/1634)
Theuns se harde woorde mag ’n teen-reaksie uitlok. Daleen blameer iemand anders vir die toestand van Busi se liefdeslewe, en twee voorgenome transaksies mag dieselfde uitwerking hê in die Binneland raadsaal.
Theuns’s choice of words might leave a bad taste in someone else’s mouth. Daleen blames someone else for the state of Busi’s love life, and two probable transactions might have the same outcome in the boardroom of Binneland Clinic.
Maandag, 4 Februarie (Episode 481/1635)
Delia is bang vir die gevolge van Malan se desperaatheid om Adler se houvas op die NHS-projek te breek. Theuns se praatjie met Gys het gevolge vir sy verhouding met Vicky. Pippa vra ongemaklike vrae vir Quinton, en Adler neem sy plan een stappie verder – en Delia beland in die spervuur.
Delia is scared of the consequences of Malan’s desperation to break Adler’s hold on the NHS project. Theuns’s conversation with Gys has consequences for his relationship with Vicky. Pippa asks the Quinton uncomfortable questions, and Adler takes his plan one step further – and Delia is caught in the crossfire.
Dinsdag, 5 Februarie (Episode 482/1636)
Iemand word verkeerdelik na die Valentynsdagpartytjie genooi tot die uitnodiger se ontsteltenis. Gys se bankbalans jaag Gideon die harnas in. Naomi bevind haarself in ’n ongemaklike situasie as gevolg van ’n soen.
Someone gets accidentally invited to the Valentine’s party – and the invitee wants the earth to swallow them in. Gys’s bank balance makes Gideon see red. Naomi is placed in a very difficult situation because of a kiss.
Woensdag, 6 Februarie (Episode 483/1637)
Malan maak nie ’n moordkuil van sy hart nie, en Quinton probeer aan Gustav bewys dat Gustav die kat aan die stert beet het. Die dokters moet bontstaan om ’n vuisgeveg te keer .
Malan puts his cards on the table, and Quinton tries to convince Gustav that he has the completely wrong idea about him. The doctors have to break up a fist fight.
Donderdag, 7 Februarie (Episode 484/1638)
Gys se planne mag hom in groot moeilikheid bring by Gideon en Vicky. Adler en Naomi kom hul moses teë, en Ronel se opwinding lok reaksie uit by die ander verpleegsters. Vicky mag dalk nie opgewasse wees vir werk nie, en Malan kry Delia se verlede onder oë.
Gys’s plans might get him into trouble with Gideon and Vicky. Adler and Naomi are shaken when stirred, and Ronel’s excitement gets reactions from the other nurses. Vicky might not be adult enough for work, and Malan gets a brief view of Delia’s history.
Vrydag, 8 Februarie (Episode 485/1639)
Daleen neem haar voor om nie haar ware gevoelens te wys oor Ronel nie, en Gys brand die kers aan beide kante om sodoende almal verkeerd te bewys. Die boodskap op die servet rig heelwat skade aan, en daar is niks wat enigiemand daaraan kan doen nie. Malan stel voor dat Delia in sy plek Engeland toe gestuur word, en die vloekstene wil maar net nie tot rus kom nie.
Daleen prepares herself not to show her true emotions over Ronel, and Gys burns the midnight oil to prove everyone else wrong. Die message on the serviette has devastating consequences, and there is nothing that anyone can do about it. Malan suggests that Delia takes his place on the England visit, and the unbreakable stones don’t seem to find their final destination.
Maandag, 11 Februarie (Episode 486/1640)
Die spanning tussen Daleen en Quinton laai op terwyl Nina al sieker word. Gys is gedaan na ’n harde naweek en Gideon bekommerd of hy die pas sal kan volhou. ’n Onverwagse dood skep vir Adler baie probleme.
Tensions are mounting between Quinton and Daleen while Nina is not feeling well. Gys is tired after working weekend and Gideon worried that he won’t be able to keep it up. An unforeseen death causes big problems for Adler.
Dinsdag, 12 Februarie (Episode 487/1641)
Vicky en Gys vryf mekaar verkeerd op en geld, ’n stukkende poegie en ’n nat hemp maak dinge net erger. Quinton en Daleen se ongesproke gevoelens laat haar dom besluite neem en dryf Quinton teen die mure uit. Nolan se geduld raak op en forseer Adler om desperate planne te bedink.
Vicky and Gys rub each other the wrong way and money, a broken scooter and a wet shirt only make things worse. Quinton and Daleen’s unspoken feelings lead her to an error in judgement and drives Quinton up the wall. Nolan’s patience is wearing thin when Adler’s desperate plans are set in motion.
Woensdag, 13 Februarie (Episode 488/1642)
Vicky moet oorgaan tot drastiese stappe om haar en Gys se bloeiende jong verhouding te red. Busi is diep teleurgesteld met Dumisani, maar min weet sy wat die ware rede is vir sy aksies. ’n Inbraak by die kliniek help Delia in haar soektog.
Vicky has to resort to drastic measures to save her and Gys’s budding relationship. Busi is deeply hurt by Dumisani’s actions – although she doesn’t know the true state of his affairs. A break-in at the clinic helps Delia in her search.
Donderdag, 14 Februarie (Episode 489/1643)
Bea word verras met ’n besonderse romantiese geskenk, en Quinton se woorde vang ’n meisie onkant. Daar wag ’n groter verrassing op Delia as net ’n onbekende in haar woonstel…
Bea is surprised with a unique romantic gift, and Quinton’s words catch a girl off-guard. A stranger in her flat is not the only surprise that awaits Delia…
Vrydag, 15 Februarie (Episode 490/1644)
’n Soen is goeie rede vir stilswye, terwyl Adler se probleme by die dag erger word. Jennifer het slegte nuus vir Sonja, terwyl die polisie op At se spoor is.
A kiss is a good reason to seal those lips, while Adler’s problems are growing by the day. Jennifer has bad news for Sonja, while the police are hot on At’s trail.
Maandag, 18 Februarie (Episode 491/1645)
Ronel hoor iets wat haar dag kan omkrap, en Daleen voel skuldig oor haar aksies. At en Malan speel speurder, en Delia fluister ’n leidraad. Jennifer kry snuf in die neus oor een van haar pasiënte, en Oom Wimpie du Toit word opgeneem by ongevalle.
Ronel hears something that might change her cheery mood, and Daleen is wracked with guilt over her actions. At and Malan play detectives, and Delia whispers a clue. Jennifer get suspicious about one of her patients, and Oom Wimpie du Toit is admitted to the emergency room.
Dinsdag, 19 Februarie (Episode 492/1646)
Delia ontvang skokkende nuus oor haar gesondheid wat sy ten alle koste geheim wil hou. Quinton maak ’n bekentenis, en Daleen se reaksie op die bekentenis vang Quinton onkant. Sonja verras At met haar woorde, en Adler word stom geslaan deur At se nuwe voorwaardes.
Delia receives shocking news regarding her health and she tries to protect the secret at all costs. Quinton’s declaration catches Daleen off guard. Sonja surprises At with her words, and Adler is beside himself with At’s new demands.
Woensdag, 20 Februarie (Episode 493/1647)
Coen gee vir At inligting waarmee hy die finale spykers in Adler se kis kan slaan. Busi omskep Tertius se dood in ’n viering van die lewe en Daleen word onverwags herinner hoe geliefd sy werklik is. Malan is oorgehaal om sy liefde aan Delia te bewys.
Coen provides At with information that might be the final nail in Adler’s coffin. Busi transforms Tertius’ death into a celebration of life and Daleen’s reminded how loved she truly is. Malan is dead set on proving his love to Delia.
Donderdag, 21 Februarie (Episode 494/1648)
Coen het ’n verrassing vir At, terwyl Quinton alles in sy vermoë doen om ’n ongemaklike situasie te vermy. Malan veg vir Delia wanneer loopbane ter sprake kom, en ’n bord kos verander iemand se optrede drasties.
Coen has a surprise for At, while Quinton does everything in his power to avoid an uncomfortable situation. Malan fights for Delia when careers are on the agenda, and a plate of food changes someone’s attitude drastically.
Vrydag, 22 Februarie (Episode 495/1649)
Delia is verward en onseker oor die belangrike besluite wat sy moet maak en maak uiteindelik ’n bekentenis, maar nie teenoor Malan nie. Na ’n rampspoedige afspraak lyk dit of Daleen en Quinton dalk tog vordering maak. Bea maak belangrike afleidings oor Wimpie se vreemde gedrag.
Delia are confused about important decisions and she confesses at last, but not to Malan. After a disastrous start, things are moving in a direction for Daleen and Quinton. Bea observes some of Wimpie’s behavior and come to some important conclusions.
Maandag, 25 Februarie (Episode 496/1650)
Quinton sit sy beste voetjie voor om ’n ‘tradisionele romantiese held’ te word, terwyl ’n desperate Oom Wimpie sy bes doen om nie ontslaan te word nie. Rian kry Malan weer op koers, maar Delia se geheim mag ’n struikelblok wees.
Quinton tries his best to transform into the ‘traditional romantic hero’. A desperate Oom Wimpie does his best to not be discharged from Binneland Clinic. Rian gets Malan on right track, but Delia’s secret might become an obstacle to happiness.
Dinsdag, 26 Februarie (Episode 497/1651)
Die waarheid moet seëvier, veral wanneer Rian iets daarmee te doen het. Binneland se kos is genoeg om siek oor te word. Daleen deel ’n geheim met Busi, asook haar bekommernis.
The truth will set one free, especially if Rian has something to do with it. Binneland’s food is literally almost something to die for. Daleen shares a secret, and her worries, with Busi.
Woensdag, 27 Februarie (Episode 498/1652)
Een se verlede kan ’n samehorige toekoms benadeel. Die liefde blom, maar kan vinnig gekelder word deur ’n perdebylyfie in die gang. Tannie Ruda mag dalk net die Oom Wimpie se tjanks aftrap.
One’s past might wreck a shared future. Love is all around, but could be sabotaged by a short skirt. Tannie Ruda gives Oom Wimpie a lesson, or two, in manners.
Donderdag, 28 Februarie (Episode 499/1653)
Malan se lewe verander vir altyd deur ’n besluit wat Delia neem. ’n Foto op ’n yskas laat iemand se hart swel van trots, en die hare waai behoorlik wanneer Naomi se pa uit die bloute opdaag – en Oom Wimpie amper bokveld toe stuur.
Malan’s whole life changes in an instant because of a decision that Delia makes. A photograph on a fridge makes someone’s heart swell with pride. The end of the world is upon Oom Wimpie when Naomi’s father arrives unexpectedly.
Akteurs
Dr. Jennifer Adams Sandi Schultz
Dr. Charnay Adams Renate Stuurman
Dr. Franz Basson Dawid Minnaar
Dr. Gideon Basson Neels van Jaarsveld
Bea Delport Elma Postma
Suster Daleen Jonker Desiré Gardner
Gustav Kemp Stefan Ludik
Dr. At Koster Hans Strydom
Malan Koster Paul du Toit
Dr. Quinton Meyer Ramey Short
Sonja Mostert Hanli Rolfes
Delia Richter Odelle de Wet
Suster Pippa Venter Nadia Valvekens
Gasspelers
Ronel Arendse Merveline Ferris
Oom Wimpie du Toit Paul Luckhoff
Busi KhumaloPhilicity Reeken
Coen Drikus Volschenk
Ilze Delport Hannelie Warren
Naomi Ferreira Je-ani Swiegelaar
Okkie Ferreira Ben Kruger
Jan Gericke Neels Clasen
Louisa Gericke Helena van Urk
Morné Gericke Ruan Wessels
Rian Malherbe Erik Holm
Theuns Mostert David Rees
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


Kommentaar
My oorlede man het op 4 feb 2015 na 'n preek op kyknet geluister, vroeg in die oggend. Hy het gesê dis die mooiste preek wat hy ooit gehoor het. Daarna is hy oorlede. Is daar 'n manier dat ek kan weet waaroor die preek was? Baie dankie!Groete