kykNET Fiestas – die Oscars van Afrikaanse teater

  • 0

Die gesogte goue beeldjie is in 16 kategorie? toegeken aan die beste van die beste kunstenaars en produksies wat verlede jaar by feeste landwyd gedebuteer het.

Die tronkdrama Rooiland se ster het helder geskitter en met nominasies in ses kategorie? is die produksie met vier pryse beloon. Rooiland se Brendon Daniels het die prys verower vir beste akteur, Jaco Bouwer vir beste regie, Bouwer en Tertius Kapp vir beste nuutgeskepte Afrikaanse opvoering en Kapp weer vir beste opkomende kunstenaar.

Tertius Kapp

Foto: Naomi Bruwer

’n Rits pryse is ook deur die buitelugproduksie Lot, wat in ses kategorie? benoem is, ingepalm. Lot is vir beste aanbieding vereer, Neels van Jaarsveld vir beste byspeler en Nicola Hanekom vir beste teaterontwerp. Die Innibos Kunstefees, wat jaarliks in Nelspruit gehou word, het die kykNET Fiestas titel van gewildste fees verower.

Nicola Hanekom

Foto: Alwyn van Zyl
Neels van Jaarsveld ontvang die prys vir beste byspeler.

Foto: Alwyn van Zyl

Vir hulle uitnemende en lewenslange bydraes tot onderskeidelik teater, musiek en woordkuns is die Suid-Afrikaanse ikone Louis van Niekerk, Mimi Coertse en Elsa Joubert elk met ’n goue beeldjie gehuldig.

Karen Meiring, kanaalhoof van kykNET sê die beoordelaars op die paneel was self by elkeen van die kunstefeeste landwyd en het die produksies op hul geboortegrond en in hul volle glorie beleef voordat daar op benoemdes besluit is.

“Die Fiestas is meer as net ’n spoggeleentheid om die room van die Afrikaanse teaterbedryf te vereer. Die verskeidenheid van benoemde produksies is ’n weerspieëling van die stand van die kunste in die land en die kykNET Fiestas span as ware die kroon op ons verbintenis tot die groei en uitbou van die Afrikaanse kuns, kultuur en vermaaklikheidslandskap.”

Die toekenningsaand se diverse en sterbelaaide program het iets vir elke smaak gebied met vermaak deur top kunstenaars terwyl daar in spanning op die aankondiging van die volgende groep wenners gewag is. Die gehoor is onder meer getrakteer met die tongval van Antjie Krog, die beminde stem van Steve Hofmeyr, ’n Afrikaanse duet deur Clare Johnston en Vusi Mahlasela en die mannewales van Jack Parow en David Kramer.

David Kramer sing "Skipskop"

Foto: Alwyn van Zyl
Emo Adams en die blondines

Foto: Alwyn van Zyl

“Die kykNET Fiestashet in sy kort bestaan ongelooflik ontwikkel en gegroei tot ’n maatstaf vir kreatiewe uitnemendheid in Afrikaanse kuns en kultuur. Wanneer die hoogstaande gehalte van vanjaar se benoemdes in ag geneem word, sien ons vreeslik daarna uit om vanjaar se nuwe en innoverende skeppings te sien en ons kunstenaars in ruil die erkenning te gee wat hulle toekom.”

Mimi Coertze en Coenie de Villiers

Foto verskaf
Louis van Niekerk en Elsa Joubert

Foto verskaf

Wenners van die kykNET Fiestas 2012

Beste akteur
Brendon Daniels (Rooiland)

Beste aktrise
Wilna Snyman (Klaasvakie)

Beste byspeler
Neels van Jaarsveld (Lot)

Beste byspeelster
Esther von Waltsleben (Agterplaas)

Beste regie
Jaco Bouwer (Rooiland)

Beste teaterontwerp
Nicola Hanekom (Lot)

Beste prestasie in ’n musiekgedrewe produksie
Karen Zoid (Malaika/ My Engel)

Beste spel in ’n solo-vertoning
Shimmy Isaacs (Howzit my bra!)

Beste nuutgeskepte Afrikaanse opvoering
Rooiland (Jaco Bouwer & Tertius Kapp)

Beste opkomende kunstenaar
Tertius Kapp (Rooiland)

Beste prestasie in klassieke musiek
Ben Schoeman (Uitvoering van Franz Liszt se werke)

Beste prestasie in dansteater
Die Namjive-dansgeselskap (Mense van mense)

Beste prestasie in visuele kuns
Diane Victor (Innibos feeskunstenaar)

Beste aanbieding
Lot

Gewildste fiesta aanbieder
Willem Botha

Gewildste fees
Innibos

Lewensbydrae vir teater
Louis van Niekerk

Lewensbydrae vir musiek
Mimi Coertse

Lewensbydrae vir woordkuns
Elsa Joubert

 

 

Annie Klopper

Foto: Naomi Bruwer
Murray La Vita

Foto: Naomi Bruwer
Willem Fransman Jr en Danny Kleinveld

Foto: Naomi Bruwer
Erns Grundling en Elzette Steenkamp

Foto: Naomi Bruwer
Ane van der Vyver en Gustav Gerdener
Foto verskaf
Annelise en Ewald Weiland
Foto verskaf
   
Bobby en Annatjie van Jaarsveld

Foto verskaf
Elma Postma

Foto verskaf
Sekoati Tsubane

Foto: Naomi Bruwer
Neels van Jaarsveld

Foto: Naomi Bruwer
Elsa Joubert

Foto verskaf
Willem Botha

Foto verskaf
Hennie van Greunen en Pedro Kruger

Foto verskaf
Neels van Jaarsveld en Diane Mostert

Foto verskaf
Ilza Roggeband

Foto: Naomi Bruwer
Jackie Nagtegaal

Foto: Naomi Bruwer
Vera Nagtegaal

Foto: Naomi Bruwer
Theresa Benade

Foto verskaf
Tinarie Loots

Foto verskaf
Manie de Waal en Vicky Davids

Foto verskaf
Vinette Ibrahim

Foto verskaf
Nkosazana Dimande

Foto: Naomi Bruwer
Magdel Steyn, Charles Dumas, Nebraska Julie en Riaan Visman

Foto: Naomi Bruwer
Zandra en Gert Bezuidenhout

Foto: Naomi Bruwer
Chrizanda van Wyk

Foto: Naomi Bruwer
André Kearns

Foto: Naomi Bruwer
Elsa Joubert

Foto: Naomi Bruwer

Besoek Facebook vir nog foto's deur Alwyn van Zyl.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top