Ek kyk die laaste paar episodes van die program. (Wat my t…spiere styf maak is dat mense se kindertjies se manewales as iets groots vir die mensdom voorgehou word.) Ewenwel.
Ek is besig om oud te word; toe ek jonk was het ek op my Oupa se plaas vir die wilde diere niks gevoel nie en ek het alles wat leef en beweeg geskiet: voëls, hase, tarentale, bokkies, waterskilpaaie en klipdassies.
Nou sien ek die videos op Kwêla van leeus wat diere plattrek en ’n luiperd wat ’n pasgebore bokkie gryp, en ek lê daarna in die bed ’n ruk wakker daarvan, omrede dit my ontstel.
Pieter

