Kunstenaars

  • 2

Hulle sê mos 'n kunstenaar geniet nie erkenning in sy leeftyd nie. Soos Vincent van Gogh, wat blykbaar min skilderye verkoop het toe hy nog geleef het. Ek wonder of hy miskien sy oor afgesny het om aandag en simpatie te trek, sodat mense dan by hom koop. Hoe sal ons weet? Party sê nou weer sy oor is afgesny deur 'n ander kunstenaar met wie hy stry gekry het.

Hoe dit ook al sy, wat ek eintlik wil sê is dat ek ook 'n kunstenaar is, want ek skryf storietjies en sketse. Nie 'n groot skrywer nie, maar darem 'n skrywer van gangbare stukkies, glo ek. Maar ek kry geen erkenning daarvoor nie.

Die afgelope tyd het ek 'n paar van my goedjies hier op SêNet geplaas en daar was geen reaksie nie. Nie eens om my sleg te sê nie. As Jan Rap ten minste net my taalgebruik gekritiseer het, sou ek al beter gevoel het. Maar soos dit nou gaan, lyk dit my die skryfseltjies word nie eens gelees nie, laat staan nog gewaardeer.

Hoe nou gemaak? Moet ek maar ophou om die goed hier te plaas? Ek het 'n stuk wat ek glo 'n goeie absurde komedie is oor Guy Fawkes, maar ek weet nie of ek dit moet plaas nie. Buitendien is dit in Engels, wat Jan Rap dalk kan ontstel.

Ek sal maar sien. Miskien plaas ek dit tog maar, dalk is daar iemand iewers wat dit stilswyend op prys sal stel.

Groete,

Tiens

  • 2

Kommentaar

  • Tiens, moenie dit te ernstig opneem nie. Die Litte op die Net is 'n rare spesie. Niks gaan ongesiens verby nie. Doe so voort iemand sal wel van jou skeppings raaksien. Moenie moedeloos raak nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top