Soggens e-posduiwe
van hoop en liefde;
smiddae boodskappe
belofte maak uitstel
en ten slotte:
fladderende vlerke
noordwaarts
op trek
na ‘n ander
kuberruim
soos soggens
koerende liefdesduiwe
en die allerliefste
se rooiborsduif
snel versend,
want hoop was tog maar
die ding met vere
so lank die kind
in die tjalie lê
tot delete, delete, delete
of dalk ‘n geslepe virus
in die boodskap
daar-is-‘n-ander
sodat die digter
boedel oorgee,
onttrek en letterlik
vertrek na ‘n ander ruimte:
in ‘n kuber-Viëtnam-oorlog
ge-full metal jacket.


Kommentaar
Hi! Ek sal net graag wil weet wanneer daar weer 'n gedigkompetisie is. Ek wil graag deelneem, maar dan is die kompetisies altyd verby! Ek sal bly wees as julle my in kennis kan stel daarvan! Dankie.
'n Pragtige gedig van Kuberliefde! Ek geniet om hom te lees.
Pragtig Joan 🙂