Kuberkraker

  • 2

jy sal nie jou facebook profile
kan access nie

nie een van jou foto’s nie
ook nie daardie oulike clip
van die kat met die cowboy-hoed op nie

nie een van jou likes nie
die events sal aangaan sonder jou

jou profile pic sal actually nogal scary wees
bietjie bleek om die kiewe.
maaiers in die mond. daai tipe ding.
status update: vandag kom die kewers
deur die hout. OMG! of:
i’m starting to smell.
unhappy face. unhappy face.

die enigste connection wat jy sal hê
is die netwerk van ontbinding

en die dood, wel,
vir hom kan jy nie unfriend nie

  • 2

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top