Kruis My Hart
Hy't diep gedelf en niks gevind
Hart uitgeput, maar kon niks ontgin
Nou staan hy met die graaf in sy hande
Sy eie graf gespit toe hy sy kruis wou begrawe
Met bloed en sweet en ? lyf vol skrape
offer hy sy hart by die plek van genade
REFREIN:
Hy kniel bukkend by die kruis en snikkend begin hy huil
Stukkend en vuil om die vorm van sy hart vir die kruis s'n te ruil
Hy't homself gehaat en was vir almal kwaad
Hy is seergemaak en vir die dood agter gelaat
Sy hart is verraai en in stukke gebreek
Dit laat hom alewig in die steek
Hy't homself met die skerwe oopgesny
Hy's nou moeg van die heeltyd baklei
BRUG:
En hy breek die stilte met 'n kreet
Hy weet sy Redder leef
Die steen is weg, die graf is leeg
en eendag kom Hy weer
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.



Kommentaar
WOW! Jy het sooo baie talent! het van jou ander songs ook gelees.
Glo ons gaan nog baie van jou hoor.