Kruger-must-fall – by Julius

  • 0

Om Afrikanerstede te bou
op grond van ons gesteel –
daaraan het Kruger se wittes
hul gevorderde wapens gewy
So, weg met die standbeeld van Kruger
nasaat van Jan van Riebeeck –
soos al die ander kolonialiste
onder wie ons steeds daagliks ly

Ons kon darem gou-gou ontslae raak
van name soos Pietersburg en Nelspruit
om in Polokwane en Mbombela
ons erfgrond terug te kry
en kon staatsinstellings oorneem
kragvoorsiener én lugredery
nadat ons eeue lank as verdruktes
onder wit baasskap moes ly

Ons raak ontslae van gebruike
dat inwoners dienste soos krag,
medisyne, water en paaie
van die owerheid moet kry
en omdat ons teen wiskunde op skool
en teen Westerse universiteite
subtiel maar opstandig stry,
gly dié euwels gelukkig verby

Deur vóórbeelde te bestry
kan ons onsself bevry
van sierhuise om in te bly
van karre om mee te ry
van fone wat videos versprei –
van Westerse heerskappy

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top