KRISMISKAAP met die PARLOTONES
D’Aria, Die Boer teater restaurant & Tygerburger het saamgespan om ’n konsert aan te bied wat ’n jaarlike “landmerk” op die Wes-Kaapse musikale kalender gaan word, en hierdie eerste “Krismiskaap” op Sondag 9 Desember, gaan ’n baie spesiale gebeurtenis wees!
Die Parlotones is een van Suid Afrika se werklike groot musiek suksesverhale wat die afgelope paar jaar internasionaal groot bekendheid verwerf het. Hierdie supergroep verhuis vroeg in 2013 na Los Angeles en Krismiskaap is die geleentheid om hulle Kaapse ondersteuners te groet met ’n romantiese skemer-konsert op die pragtige D’Aria wynlandgoed naby Durbanville. In die gees van Kersfees gaan die groep die skare aanmoedig om ’n paar Kersliedjies saam met hulle te sing, voordat hulle ’n emosie-belaaide konsert van hulle grootste treffers gaan aanbied. Hulle belowe ’n aand wat hulle ondersteuners nooit gaan vergeet nie.
Bring jou familie, piekniek-mandjie en kombers en geniet n paar bekroonde wyne met sonsondergang. Ongelukkig sal geen eie drank toegelaat word nie. ’n Volledig gelisensieërde kroeg, verskeie kos-stalletjies en ander memorabilia sal beskikbaar wees.
’n Voor-vertoning sal teen 18:30 begin. Toegang is gratis vir kinders onder 6 jaar. Kaartjies is R170 vir volwassenes, en R100 vir kinders tussen 6 en 15 jaar. Dit is beskikbaar “aanlyn” by www.ticketbreak.co.za of by die Boer Restaurant-teater op 021 979-1911 of D’Aria 021 975 0421 .


