Die Beeld gee die volgende verslag: Groeiende kommer oor die lot van Siriese Christene slaan die laaste tyd deur in die Europese en Westerse media. ’n Onderhoud wat deur verskeie ander media oorgeneem is, is dié van eerw. Simon Jacob, verteenwoordiger van die Siries-Ortodokse Kerk in Duitsland, met Bild-Zeitung. Hy het gesê: “In Sirië word die Christene vervolg en verdryf. Daar was reeds wrede teregstellings. Die situasie herinner aan die voortdurende Christen-vervolging in Irak. As Al-Assad omvergewerp word, sal die situasie deur die magsvakuum vir die Christene in Sirië verder versleg." Sirië is 'n Arabiese land waar daar in Armeens gebid word.
Die woorde God, Jesus, Christus en Christen bestaan nie in Armeens nie.
Die begrippe wel.
Vandag is daar vele Arabiese name vir Jesus onder meer Hisus, Isa, Yaso'e en Masih. Christene word Massihiyeen genoem.
God in Armeens is Aalah wat presies dieselfde betekenis as die woord Allah in Arabies het.
Die woord Allah is in vele opsig 'n meer gepaste woord as God omdat die woord Allah nie in meervoud of geslag uitgedruk kan word nie.
Ons aartsvader Avraham se aanbidding tot El Shaddai, Moshe Rabboenie se aanroep tot Elohim en onse Yeshua Krisdos se openbaring as Alaah dui alles na dieselfde Almagtige.
Dis nie verskillende "paaie na Rome" soos daar op gereeld deur ware Christengelowiges met minagting op die werf aangevoer word nie.
Siriese Massihiyeen aanbid Hisus Krisdos Aalah.
Beskou die werf se ware Christengelowiges, Siriese Massihiyeen as hul broeders en susters soos daar in Die Beeld en ander Protestante media in die wêreld voorgegee word?
??? ?? ???, ?????? - Hisus du prkichn es im - Kom na my, Jesus ...
Namaste!
Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke, Boeddhistiese en Afrikaliefde,
Cornelius Henn

