Kringloop

  • 0

op enige gegewe tyd
braai iemand langs die Ganges uit
sit ’n oue êrens op ’n stoep
vergeefs herinnering en oproep
van iets, ontasbaar, tussen toe
en nou se af en toe onthou
dié volkleurfilms, dán al dof
se eerste skoot, én laaste: stof

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top