Daarvan het ek al baie keer gehoor en dit is wyd bekend.
Selfs dominee Solly Ozrovech het daarvan vertel in 'n artikel wat op 5 Julie 1995 in Sarie verskyn het.
Hy het in die depressiejare in 'n weeshuis op Ugie groot geword en vertel hoe bitter koud dit daar was, met hulle dun, verslete klere as hulle soggens skool toe stap in die winter. Dan het hulle agter die koeie aangeloop as die dorpbewoners hulle soggens weer terugjaag na die dorpsmeent, en in die mis getrap. By die skool moes hulle dan weer hul voete afspoel in koue kraanwater. Gelukkig was daar stofies in elke klaskamer.
Groete,
Varkspek


Kommentaar
Varkspek