Die Liefde: Koue voete en geen seks

  • 1


Hallo

Ons is 28 jaar getroud, is oënskynlik gelukkig en het goeie kommunikasie. Albei het goeie beroepe met eise daaraan verbonde. Ons is in ons laat 40’s. Die kinders is uit die huis ná hul studies. Ons het nie veel vriende nie en dié wat ons het, is ook nog in hul eerste huwelike. Ons het gedeelde belangstellings: tuinmaak, stap, fietsry en om interessante plekke in SA te ontdek.

Ons sekslewe was altyd vol passie, vurig en gereeld. Wat my die afgelope twee jaar opval, is die afwesigheid van passie, warmte en reaksie op my toenadering teenoor my vrou as ons liefde maak. Ek herinner haar daagliks aan my liefde vir haar. Maar in al die jare kon sy dit nog nooit sê nie – ook nie vir die kinders nie.

Nadat ons saam gebad het, sal sy dikwels tydskrifte lees, of het klaar haar lippe met salf gesmeer – dan net ’n piknagsoen.  So een keer per maand is sy oorweldigend warm (hot) en dan is die lakens gekreukel en die klere die wêreld vol, maar dít is soos reën in die Karoo.

Ek gee blomme en sjokolade, maak kos, versorg my liggaam, is fiks en gee komplimente. Ek gebruik elke aand ’n aanvulling wat ’n dokter voorgeskryf het wat my ’n moontlike verleentheid kan spaar as ons seks moet hê. Ek wonder of ek dit nog moet gebruik, want dit het geen nut nie. Ek het al daaroor gepraat, maar dan praat sy dit weg.

My vrou is mooi en slank en versorg haar keurig. Alhoewel sy groot verantwoordelikheid het as bestuurder by haar werk, lyk dit vir my sy skakel nie af nie. Soms praat sy oor hoe warm sy kry, maar dan wil sy nie medikasie gebruik of dokter toe gaan nie. Mens sit tog nie in die winter ’n kar of huis se lugreëling aan nie?

Ek bid elke dag vir haar en ons verhouding, maar ek is nog jonk genoeg en begin dink aan ’n alternatief – om dalk alleen ’n nuwe lewe te begin. Kan ek regtig vir die volgende 40-50 jaar so sonder seks vortgaan?  Ek is ongelukkig en eensaam.

Die uwe

Warm en alleen

Reageer | Respond: ondersteuning@litnet.co.za 

 

  • 1

Kommentaar

  • Warm en alleen,

    Ja, jy slaan die spyker so op die kop.  Ek is presies dieselfde boodjie ...of is dit bed....   Vroue, veral ouer vroue in die nuwe tydgleuf warin osn leef is so geneig om in hulslf te funksioneer sonder om 'n (die) man in hul lewe in ag te neem. Of hulle is sal so gewoont daaraan dat dit (seks en toenadering) nie meer belangrik is nie, of hulle glo dat met die emansipering van die vrou  (sy  is ook in bestuursposisie) hulle die man nie meer nodig het vir morele en ander ondersteuning nie.

    Aan die derde een, naamlik 'n derde party wil ek nie dink nie .... maar soms wonder ek .....

    Lonelybull

     

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top