Ek was bitter teleurgesteld toe Marthinus Van Schalkwyk destyds homself in die ANC-regering laat opneem het.
Maar van al die ministers in die regering het hy na my mening sy taak die beste kwytgeraak.
As minister van toerisme, is dit een van die weinige staatsdepartemente wat kan spog van vermeerdering in werkskepping vir die bevolking, tot so ‘n mate dat die toerismebedryf, meer mense nou in diens het as selfs die mynbouwese. SAT se bemarking onder hierdie Afrikaner se bestuur, is absoluut puik. (Jammer dieselfde kan nie van die VF+ leier (Mulder) wat ook in die kabinet dien, gesê kan word nie).
“All these marketing efforts have paid off handsomely as the overall international tourist arrivals grew by 10.2% equating to 9.2 million tourists in 2012, compared against an average global industry growth of 4%. “We certainly performed remarkably. We are growing into a most sought-after tourist destination, with a vast array of unique experiences on offer,” he (Marinus Van Schalkwyk) said.
Hou aan met die goeie werk Marthinus.
Jaco Fourie


Kommentaar
Ek kan nie verstaan dat iemand met enige mate van selfrespek in die ANC-regering kan dien nie. Dit sluit in beide Kortbroek en Hanekom. As ek 'n ANC-lid was sou ek my kop in skaamte in my hol opgedruk het.
Wel,
klink vir my ook goed, Jaco. Het nie baie insae in SAT. Weet wel dat jy net die leeu kan tem as jy saam hom in die hok klim ...
Hello Jaco
Moenie kwaad raak as ek so 'n bietjie mors met jou. Ek het net gewonder tot watter mate hierdie dalk 'n Feudiaanse glips kan wees: "...hy na my mening sy taak die beste kwytgeraak".
Chris 🙂
Irb
Sover my kennis strek is Derek Hanekom, wie jy hierbo vermeld, al het hy 'n Afrikaner-van, nie 'n Afrikaner is nie, dus staan sy doen en late my glad nie aan net soos enige ander Engelsman wat in die ANC-regering dien se doen en late my ook nie aanstaan nie. Ek bly wel teleurgesteld dat beide Afrikaners, Van Schalkwyk en Mulder in die ANC-regering dien. Ten minste kan van Van Schalkwyk gesê word dat hy sy taak besonders goed kwyt geraak het, en waarop Afrikaners op hom in sy hoedanigheid as Afrikaner op trots kan wees.
Trienie
Die Suid-Afrikaanse Toerisme (SAT) bedryf is een van die opwindenste marksektore in hierdie land. Waar grondstowwe mettertyd heeltemal ontklaar kan raak, bied die toerismebedryf produkte aan wat nooit ontklaar kan raak nie, inteendeel met die benutting van vernuf en verbeelding, kan dit nimmereindigend uitgebrei word. Die by-produkte, van SAT, is groeiende werkskepping en inkomste vir almal daarin betrokke, asook vir die Inkomstegaarder van die land.
Jaco Fourie
Ek weet nie wat jou definisie van 'n Afrikaner is nie maar volgens my is Derek Hanekom 'n Afrikaner. Hy praat in elk geval baie goeie Afrikaans en ek glo hy is 'n goeie minister van Wetenskap en Tegnologie. Dalk die beste wat ons nog gehad het.
Dit verander nie die feit dat ek nie kan verstaan dat iemand met die kleinste bietjie selfrespek in 'n ANC-regering kan dien nie.
Irb
Jy's reg. Derek is toe 'n Afrikaner, want Mandela het so gesê en hy was ook in 'n Afrikaanse hoërskool. Ek het my huiswerk nie vooraf behoorlik gedoen nie. Ek was beïnvloed deur hoorsê-getuie van boere wat ek daagliks mee te doen het, wat hom heelwaarskynlik deur hulle bevooroordeelde politieke bril beskou het toe hy nog 'n onpopulêre minister van Landbousake was. Maar om jou vraag te beantwoord. Ek beskou enigiemand als Afrikaner wat homself ook as Afrikaner beskou. Die feit dat enigiemand goed Afrikaans kan praat, maak nie noodwendig van hom 'n Afrikaner nie.
Jy skryf: "en ek glo hy (Derek) is 'n goeie minister van Wetenskap en Tegnologie". Net jammer jy ondersteun hierdie stelling nie met feitlike inligting nie, want die bronne wat ek nou net opgelees het, beskryf hom geensins as 'n uitblinker in sy huidige pos nie. (Miskien het ek nie genoegsame bronne opgelees nie).
Chris
Nee, ek is geensins kwaad nie. Taalkunde (Engels en Afrikaans) was op skool en varsity nooit my sterkpunte gewees nie, altyd 'n iewat onder die gemiddeld daarvoor gekry, en op my ouderdom (52) het ek groter prioriteite en belangstellings in die lewe as om korrekte taalkunde te lewer.
Jaco Fourie