"Korrupte Dienste en Geld Voor Waardes" deur Wesley Conradie

  • 0

Daar is bloed in ons strate
Ons leiers pronk op plakkate
Met 'n liefde vir geld
onderhandel ons met geweld
Dit maak nie sin nie
Dit gaan ons niks in die sak bring nie

REFREIN:
Ek kan dit nie vat nie
Ek wil dit nie hê nie
Ek sal nie myself
in hierdie wêreld belê nie

Anargie reis oor koerantopskrifte
in die vorm van selfsug en onluste
Waar is ons helde, ons vredemakers?
Dit lyk vir my asof hulle ook aan die staak is
Ek het nie al die antwoorde nie, ek weet nie wat om te doen nie
Vader vergewe ons, ons weet nie wat ons doen nie

BRUG:
Ons marsjeer, maar ons is nie soldate nie
Ons veg, maar ons weet nie waarvoor nie
Ons is gewapen met korrupsie en bedrog
Nog 'n optog, hou tog op
Die skrif is aan die muur, die koeël is deur die kerk
Hierdie is die laaste uur, is jy gereed om te sterf?

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top