"Kopkamer" deur Marcelle Britz

  • 0

Kopkamer

Daar's ? spelonk in my brein
? plekkie snoesig en klein
Waarheen ek weg kan vlug
as die wêreld my ontstig

Hier's daar altyd koffie in die kan
Vir elke skeet ? meesterplan
Hier kan ek rek en reflekteer
Wanhoop weg mediteer

Hier kan ek torring
Hier kan ek karring
Hier mag ek neul
oor hierdie Babelse verwarring

Hier kan ek peins
Hier mag ek tob
Hier kan ek dink
Hier mag ek dop

Oor al die dinge wat my pla
Verbode vrae te vra
oor al die ellendes wat my kwel
Hipoteses op te stel

My gedagtes dié laat ek sweef
maar ek beperk wel hoe ek leef
Wedergebore en toe weer gedoop
ek hou my opsies oop

In die voue van my brein
Kopkamer vol sonlig en so ruim
Bollemakiesie ek my gedagte
kontempleer die onverwagte
Die ewige ewigheid
My vernietigende nietigheid

Hier kan ek karring
Hier kan ek torring
Hier mag ek neul
oor hierdie Babelse verwarring

Hier kan ek peins
Hier mag ek tob
Hier kan ek dink
Hier mag ek dop

Of meestal maar net sit
Meestal net doodstil sit

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top