Koos van der Merwe doen Leonard Cohen in Afrikaans

  • 1

Koos van der Merwe, bekroonde liedskrywer en digter, asook vir meer as 10 jaar reeds rubriekskrywer vir SARIE tydskrif, span kragte saam met Matthys Maree wat die Afri-Frans, -Spaans, -Talia en Afrikaans op Reis albums vrygestel het met die nuwe projek LEONARD COHEN IN AFRIKAANS.

By die Boer Restaurant Teater op 26 en 27 November om 20:30.  Kaartjies is R100 en beskikbaar by 021 979 1911.

Koos het gedurende 2012 gewerk aan die vertaling van Cohen se grootste treffers en Cohen se persoonlike goedkeuring op die vertalings gekry.
Treffers soos "Dance me to the end of love", "Suzanne", "Hallelujah" en "Famous blue raincoat" word nou verewig in Afrikaans met Koos se ongelooflike skryfvernuf en digterlike aanslag.

 As lid van die groep Prophet het Koos meer as 50000 albums verkoop, met treffers soos "Houtkruis" uit sy pen en nou saam met die momentum van die Afri-albums wat gesamentlik meer as 100000 kopiee verkoop het behoort Cohen in Afrikaans 'n groot sukses te wees.

  • 1

Kommentaar

  • Jacques Wessels

    Het gisteraand na Koos in George gaan luister en dit was wragtig ongelooflik goed ... en om met die uitloop te verneem dat Leonard Cohen ons verlaat het sal my nog vir jare by bly. Dankie manne!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top