"Koorsdrome" deur Petri Jacobs

  • 0

Koorsdrome

Daar’s spinnerakke in my kop
die goggas vreet my stuk-stuk op
In my mond die smaak van bitter-als
die lewe is soms so ‘n hartseer wals

Ek skaats op kraakdun ys in sprokieland
Gryp wanhopig na jou uitgestrekte hand
My hart is soos ‘n splinter-ruit
Dit sal jou sny, bly liefs daaruit
My lyf is swak en seer oor jou
Selfs die reënboog is 'n yswit blou

Die werklikheid bring sy eie wrede skrik
as ek voel ek val en daarvan wakker ruk
Die mooiste liedjies in my siel is stom
want van ek en jy kan niks méér kom

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top