Konversieterapie (conversion therapy) in homoseksualiteit

  • 4

André Carl van der Merwe se roman, “Moffie”, baseer op sy dagboek en joernale van sy ondervindinge in die Suid-Afrikaanse weermag  van 1981, noem die bestaan van die gevreesde mediese saal 22 by 1 Militêre Hospitaal, Pretoria, waar al die sg. “moeilike” mediese en psigiatriese gevalle onder konskripte behandel is.

Volgens Wikipedia: “During the Apartheid era, Aubrey Levin, led the Aversion Project, a medical torture programme designed to identify gay soldiers and forcedly cure their homosexuality. This included forced castration and shock therapy”.

Jong Afrikaner-seuns was die slagoffers van hierdie staatsgeweld weens die feit dat tydens hulle verblyf in die weermag hulle as “die eiendom van die staat” beskou is.

In Februarie 2015 is die “bestuurders” van ’n sg. kamp vir konversieterapie gearresteer op aanklag vir moord, aanranding, en fisiese geweld met die doel van ernstige liggaamlike besering, nadat drie tieners in die kamp gesterf het. Volgens ooggetuienis was die tieners vasgeketting aan hulle beddens, kon nie die toilette gebruik nie, was herhaaldelik met grawe en pype geslaan, en forseer om seep en hulle eie ontlasting te eet. Die tieners was tussen 15 en 19 jare oud.

Tot op datum is hierdie tipe konversieterapie vir die “behandeling” van homoseksualiteit verban in 13 state in the VSA hoewel daar sekere state in die Amerikaanse suide, veral waar die kerk baie invloed geniet, hierdie praktyk nog goedkeur.

Vanjaar sal daar ’n wet deur die Duitse parlement deur die minister van gesondheid geloods word om alle konversieterapeutiese fasiliteite te verban en onwettig te verklaar.

Nou wonder ek wat tans die posisie in Suid-Afrika is? Miskien kan die Christelike kerke die voorbeeld stel en die voortou neem in ’n kampanje om hierdie barbaarse praktyk onwettig te verklaar.

  • 4

Kommentaar

  • 'Konversieterapie' is sinneloos, dis so al asof die gay of lesbiese persoon gekies het om tot dieselfde geslag aangetrokke te wees en nou moet so'n persoon net oortuig word dat hy of sy 'n dom keuse gemaak het. Kan jy jou byvoorbeeld 'n behandeling voorstel wat van 'n straight persoon 'n gay of 'n lesbiër sal maak? Ek twyfel.
    Konversieterapie is 'n onding en kan net op alle vlakke van menswees verskriklike skade aanrig.

  • Avatar
    Berdéhan Brand

    In watter mate en hoe en deur wie word konversieterapie nog toegepas en watter model word gevolg vir intervensie? Kan dit enigsins as terapie beskou word? Ek glo.nie so nie.

  • Avatar
    Pieter Redelinghuys

    Beste Jan Rap,

    Groete van die goeie ou dae toe ons nog lekker debatteer het op LitNet oor baie onderwerpe, jy, Angus en ek oor die teorie van evolusie volgens Darwin. Nou wil ek jou net bedank vir jou sinlike respons tot my skrywe, en ek merk weereens dat jy n denkende mens is en ook n simpatieke een daarby. Gesondheid en mooi bly.

    Aller best groete,

    Pieter Redelinghuys

  • Beste Pieter
    Ja daardie dae was daar partykeer tot 80 briewe per dag; 'n vroeë en 'n latere uitgawe. Deesdae lyk dit my is daar maar so een of twee 'n maand.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top