Ek lees hierdie van Deon Meyer hier op LitNet:
Dit doen die hart goed om te weet die man is ’n oopkop Suid-Afrikaner wat sy deeltjie doen vir die land, in plaas daarvan om alles te wil afrem of afbreek soos so baie blankes so graag doen!
Ek ken hom nie persoonlik nie, maar het tog ’n konneksie met die man.
Jarre terug kry ek skielik uit die bloute uit ’n e-pos uit SA uit.
Outjie wat eers in die VK gewerk het en toe weer terug was SA toe, maar reeds gatvol was daar, en toe wou oorskiet Ooste toe vir klasgee of iets.
Wou by my weet of ek hom kan onner die vlerk neem.
Geen probleem verseker ek toe, en die knaap slaan blitsig uit.
Dit was in my vroeë daggies hier in Shenzhen, toe ek selwers nog gesukkel het om kop bo water te hou, soms vir kos klas gegee, het darem toe met ’n pragtige Sjinese dame aangehaak, en by haar ingetrek, in die plek waar ek nou nog woon.
Elk geval, die knaap slaan uit, en hy was eintlik baie aangenaam, goeie geselskap, relatief oopkop – veral vir ’n Afrikaner nou – en die Sjinese het ook van hom gehou, en werk het stadig maar seker begin vermeerder, al was dinge maar basies.
Later oor biere het ek ook gehoor sy suster is getroud met Deon Meyer.
Okei, ek het toe al die naam gehoor reeds, maar tot hede vandag nog geen boek van hom gelees nie, maar sal seker nog ... het wel bietjie e-posse uitgeruil oplyn.
Die man is ’n stoere BMW-motorfietsfan, en was glad nie beïndruk met die Harley bv nie, ek dink ons het oor rugby ook gepraat.
Elk geval, sy broerskind het Sjina skielik verkas en dit was dit, verder wil ek niks seg nie ...
Die beste skrywer wat ek al ontmoet het was egter ongetwyfeld KB ...
Francois Williams

