Konings, stamhoofde, kapteins

  • 3

In SA het ons ’n oormaat van hulle, met die Zulukoning as die mees bekende. Almal salaristrekkers op burgerlike belasting. ’n Klomp huise (paleise), ’n klomp vrouens (elkeen met haar eie huis voorsien) ’n horde kinders (elkeen nou kamptig 'n prins of prinses, en verwag om sodanig aangespreek te word), neefs en niggies om te onderhou, hoe? Op staatsonkoste natuurlik. Dink jy vir enige oomblik die stam beskik oor die middele vir die miljaarde wat deur hulle verorber word? Watter waarde gee hulle terug vir die SA volk? Boggeral. Ten minste die Britse koningshuis het toeriste waarde wat tot ’n mate waarde teruggee!

Bv die Zulukoning.

Hoof van omtrent 7mil Zulu's oor SA versprei. Geen afgebakende grondgebied nie, alhoewel Natal nou deesdae die “Zulu koningryk” heet. Meerendeels ’n kulturele eerder as ’n politieke instelling.

Zwelethini (koning) het onlangs die volgende te sê gehad:

Sy portret moet op publieke plekke sigbaar gestel word.

Homofobiese opmerkings gemaak. “You (gays) are rotten.”

Met die herinstel van die rietdans om meer vrouens vir homself te bekom.

Die Zulu’s moet hulle nou kwansuis (soos die Xhosas) hulle laat besny om kamptig Vigs te bestry (nie gesê hy gaan die voorbeeld stel nie). Shaka het dit meer as 150 jaar gelede afgeskaf.

Die R55mil/jaar persoonlike inkomste is onvoldoende om van sy “paleise” op te knap.

En natuurlik die jaarlikse rituele marteling voor slagting van ’n bees om die voorvaderlike geeste te kalm.

Dan is daar natuurlik die tradisionele stamgebiede wat meerendeels onekonomies aangewend word. (Dis makliker om blankegronde op te eis.)

“A contradiction in terms”. Die ANC wat ’n voorstander van demokrasie is, met ’n meerderheid volgelinge wat ondersteuners is van outokratiese instellings soos konings, stamhoofdes, ens.

Te veel word oor "Apartheid" as "euwel" uitgespreek, maar boggerol oor die teenswoordige en verouderde euwel van tradisionele diktatorskap, wat ook afgeskaf behoort te word.

Jaco Fourie

  • 3

Kommentaar

  • Johannes Comestor

    Jaco, dankie vir die inligting. Dit vul my brief van die 12de baie goed aan. Die neo-swart Henry Jeffreys sal miskien die Swazi-koning kritiseer omdat die ANC en van sy alliansievennote teen hom gekant is weens die afwesigheid van demokrasie in Swaziland. Hy sal egter nie oor die Zoeloe-koning so neerbuigend soos oor 'n Westerse koningshuis wees nie.

    Johannes Comestor 

  • Beste Johannes

    Die lees van jou brief het aanleiding gegee tot wat ek hierbo geskryf het.

    Jaco Fourie

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top