Komeet PANSTARRS in die vroeë aandhemel in die weste

  • 4

Die meeste komete is afkomstig vanaf die Kuiperbelt buite die wentelbaan van Neptunis ± 30 tot 100 Au vanaf die son en bevat ’n geskatte 35 000 voorwerpe met ’n deursnit van 100 km en meer. Die meeste van die periodieke komete, soos Halley, kom vanuit die Kuiperbelt.
Die Oortwolk is baie verder geleë in die omgewing van 50 000 Au vanaf die son en daar is waarskynlik miljarde komete in die Oortwolk, maar dit is te ver om hulle direk waar te neem. Die Oortwolk is die oorsprong van die nie-periodieke komete.
Soms word ’n komeet gedeflekteer in ’n nuwe baan wat dit naby aan die son bring en die helderheid sodanig toeneem dat dit vanaf die aarde sigbaar is. Die son se hitte smelt die ys van die komeet en die solarwind dryf die verdampte gas en stof in twee sterte wat honderde kilometers lank kan wees. Die ligter gasstert is reguit en wys direk weg van die son en die swaarder stofstert is soms geboë. Komete verloor tot 1% van hulle materiaal met elke reis om die son. Wanneer die aarde so ’n baan kruis tydens sy omwenteling om die son, vind daar ’n sg sterrereën (Comet/asteroid-shower) plaas.
Dit is altyd ’n aangename verrassing wanneer ’n nuwe helder komeet verskyn. In die verlede is die meeste komete deur amateurs ontdek maar deesdae word die meeste komete deur die Lincoln Near Earth Asteroid projek, wat geloods is om asteroïedes op te spoor wat moontlik gevaar vir die aarde inhou.
Ek hoop almal wat probeer om die komeet op te spoor is suksesvol.
Panda

panda1

‘n Foto van die komeet kan gesien word by: http://apod.nasa.gov/apod/astropix.html

  • 4

Kommentaar

  • Panda

    Dankie weereens vir die inligting alhoewel jy volgens Kabouterland se oppermeester dink jy sien komete.

    Jy sal maar moet kom kuier of ons moet mekaar by die Paarl se Taalmonument sterrekykery probeer raakkyk!

    Groetnis
    Thomas

  • Brian van der Spuy

    Ek kyk al die afgelope paar aande. Helaas, geen teken nie - ek dink hier is te veel lig hier in die stad.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top