Gee vir ons krag vir die werk en verstand vir die drome;
Gee dat ons lag as die lewenslas druk op ons harte;
Gee vir ons hoop in die donkerste nagte en smarte;
Gee vrede en rus vir ons almal wat lewe en erwe
Gee vrede en rus! En ons vra nie iets anders, en luister
Stil na die wind wat so sag in ons ore kom fluister:
(C Louis Leipoldt)
Ek dink aan die smarte, van die Kaap tot die Noorde.
Raed-na-Gael
Kommentaar
Is ons nie nou te oud vir hande vat nie?
Hans, dit is die probleem vandag. Almal preek om hande te vat, maar wil vir jou voorskryf wie se hande om te vat. Die probleem is ook dat wanneer jy uitreik om hande te vat word jou sakke gerol want een of ander donner het sy hande laaaankal in jou sakke.
Reusedwerg, 😁... Ek vat hande waar ek wil, nie net omdat iemand so dink nie.
Reusedwerg, ek sien hier op LitNet dat daar 'n generasie bestaan, wat leef op elke spelfout of tikfout. Al Hierdie geslagte X, Y en Z is nie vir my nie.
Ek dink pienk en blou bestaan nog in my realiteit.
Fok dit Raed-na-gael, met SABC politieke korrektheid handevat het ek niks te make nie.
Ek vat liewer hande om my eie op te hef uit armoede.