Kom ons speel Cluedo
Gevoel verlate, loop ek op ? plek waar ek gewoonte gekweek het
Ek sien hoe die son ? goue randjie maak om die wolke buite die hek
as ek weer in die pad val en troos soek in my eie bed
REFREIN:
Ek wil hê jy moet een keer soos ek voel, vernedering ervaar
Ek wil hê jy moet huil, ek wil hê jy moet skree
Ek wil hê jy moet vergewe met ? smile op jou gesig
Is wat ek aan vashou, ek wonder of jy kan onthou?
Die beloftes wat jy gemaak het, hoe jy my kwaad gemaak het
Ek wonder of die dinge tussen ons altyd sou wees
Sou ? doring na elke stukkie voorspoed weer my liefde kneus?
Die ure raak nie korter nie, my uithou sal verdwyn
Kan jy nou sien hoe jy my hart laat pyn?
REFREIN:
Ek wil hê jy moet een keer soos ek voel, vernedering ervaar
Ek wil hê jy moet huil, ek wil hê jy moet skree
Ek wil hê jy moet vergewe met ? smile op jou gesig
Is wat ek aan vashou, ek wonder of jy kan onthou?
Die beloftes wat jy gemaak het, hoe jy my seer gemaak het
BRUG:
Ek wonder soms of jou hart op die regte plek was?
Ek wonder of ek ? gewoonte was?
Net ? taak om te verrig?
REFREIN:
Ek wil hê jy moet een keer soos ek voel, vernedering ervaar
Ek wil hê jy moet huil, ek wil hê jy moet skree
Ek wil hê jy moet vergewe met ? smile op jou gesig
Is wat ek aan vashou, ek wonder of jy kan onthou?
Die beloftes wat jy gemaak het, hoe jy my seer gemaak het
Hoe jy my dood gemaak het
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.