Koloniale geeste word verdryf by Unisa

  • 8

 Toe die Britte op 5 Junie 1900 Pretoria beset het omdat 300 Boere nie langer weerstand teen 30 000 Britse soldate kon bied nie, is nie net die Union Jack oor Pretoria gehys nie, maar het daar terselfdertyd ook koloniale geeste die plek beset.

Hierdie koloniale geeste is nie sommer hierjy-geeste nie, want so lyk dit my, ’n hele paar het later by Unisa intrek geneem.Vermoedelik met die oog op verdere studie.Waarom hul nog daar is weet ek nie, want hul moes tog teen die tyd lankal afgestudeer te wees.

A­li­da Kok, do­sent in po­li­tie­ke we­ten­skap aan dié u­ni­ver­si­teit, beskryf ’n s­pi­ri­tu­e­le ses­sie by Unisa waar die ko­lo­ni­a­le gees­te uit die u­ni­ver­si­teit ge­dryf is, as waansin en dat wan­neer van die do­sen­te daar­oor praat, fluis­ter hul­le uit v­rees vir vik­ti­mi­sa­sie.

Nouja daar het jy dit. In alle billikheid teenoor besoekers van ander dele van die land reken ek  behoort Sanral en die Tshwane Metropool darem waarskuwingsborde in die omgewing van die fonteine en Universiteit op te rig om besoekers te waarsku teen uitgedrewe koloniale geeste.

Hou dus maar jou motor se vensters toe wanneer jy Pretoria besoek, mens weet nooit wanneer een van die geeste ’n saamrygeleentheid soek nie.

Dankie

F C Boot.

 

  • 8

Kommentaar

  • FC dit is weereens vir my 'n sprekende voorbeeld van hoekom die mense onrustig raak. Daar is 'n vrees in die ongelowiges te bespeur. HKGK vir hulle en hulle weet nie wat dit is nie.

  • Wys jou net hoe gevaarlik geloof is. Gelukkig is ek 'n ateïs; geeste bestaan net vir die gelowige christen/heiden, nie vir die ateïs wat nie glo aan die bonatuurlike nie.

  • Beste FC Boot,
    Ek betwyfel dit nie dat daar mense sal wees wat van my verskil nie, en nie net sommige nie, maar sommer baie. Of mense van my verskil het niks te make met die saak nie. Feit van die saak is, gelowiges glo aan gode, duiwels, engele, geeste, die bonatuurlike. Die ateïs is juis ateïs omdat hy nie aan die bonatuurlike glo nie. Dat daar ateïste is wat, soos die gelowige, nog daardie primitiewe mens in hom het om aan spoke te glo, dit stry ek nie.
    Groete,
    Angus

  • Beste Angus
    Sou jy dan sê mense wat die teenoorgestelde as jy glo is dan droefgeestig! Jy het my op 'n stadium daarvan beskuldig dat ek sommer met 'n hele vark gooi, toe ek van my wedervarings in die weermag vertel het.
    Tog is jy bekend met: “There are more things in heaven and earth, Horatio,
    Than are dreamt of in your philosophy.”
    - Hamlet (1.5.167-8), Hamlet to Horatio. Hamlet wys dan ook hier daarop hoe min selfs die mees geleerde mense dit kan verduidelik.
    Jy praat dan van 'n primitiewe mens, terwyl jy self nog met dinge van die primitiewe mens rondloop. Daarom het iemand al by geleentheid die volgende geskryf (met erkenning aan die NG Gemeente-Garsfontein):
    "GEDAGTES
    Êrens het ek gehoor dat ons elke dag by die 50 000 gedagtes dink. Op grond van hierdie gedagtes vorm ons brein neurologiese patrone of paadjies wat ons kenmerkende gedrag en emosies beïnvloed. As jy oorheersend positiewe gedagtes dink, word die paadjies versterk wat lei tot positiewe gedrag en emosies. As jy oorheersend negatiewe gedagtes dink, versterk dit die paadjies wat lei tot negatiewe gedrag en emosies. As jy net die helfte van die tyd negatiewe en ongelukkige gedagtes dink, het jy elke week reeds 175 000 gedagtes wat jou lewe negatief kan beïnvloed. En moenie dink dat negatief en positief mekaar kan uitbalanseer nie. In die praktyk is negatief meestal die wenner, want dit span met die oerbrein saam (vreesbrein / amygdala). Ons oerbrein wil ons laat veg, vlug of vries. "
    Lekker dag.

  • Beste FC Boot,
    Ek glo niks en ek glo aan niks. Ek glo NIE aan die bonatuurlike nie. Gelowiges en Christene glo aan die bonatuurlike. Beteken “droefgeestig” vir jou, “glo aan die bonatuurlike”? Ek stel voor jy gaan leen 'n goeie woordeboek by jou vrou.

    Ek is heel bekend met die aanhaling uit Shakespeare se Hamlet. Afgesien daarvan dat dit fiksie is, en dat dit Hamlet se filosofie is, glo jy sowaar dat alles wat jy in boeke lees, die waarheid is?

    Die oerbrein wil ons nie net laat veg, vlug of vries nie, maar dit wil ook die mens laat glo aan die bonatuurlike, soos bv gode, engele, duiwels, tokkelossies, spoke, hemele, en helle.

    As ek nog die primitiewe mens in my het mag ek nie oor die primitiewe mens praat nie? Ek volg nie jou logika nie.
    Groete,
    Angus

  • Beste Angus
    Jy weerspreek jouself wanneer jy sê: "Ek glo niks en ek glo aan niks. Ek glo NIE aan die bonatuurlike nie," want dit is juis wat jy glo.
    Ek het nooit gesê dat jy nie oor die primitiewe mens mag praat nie. Wat ek sê is dat 'n mens wat self nog 'n stukkie primitiewe mens in hom/haar ronddra, wat tot sy voortbestaan bygedra het, maar versigtig met sy uitsprake moet wees.
    Nou wat is die Bybel se logika in die verband? Dit is Jesus, die Jesus, wat jy sê vermis is, wat ons juis daarvan kom verlos het, want die primitiewe mens het juis 'n erge rebelse afkeur aan die evangelie. Dit is deel van ons natuur.
    Lees gerus Romeine 3 vers 10. Jy sien Angus die dierlike in die mens kom van sy dierlike kant van sy ontstaan. Dit is slegs deur God se genade dat hy dit goedgedink het om Sigself deur Jesus Christus aan die mens te openbaar. Dit is wat tot sy geestelike ontstaan gelei het.
    Hierdie primitiewe sy van die mens word biologies oorgedra van geslag tot geslag, geen mens kan daaraan ontkom nie. Dit vergaan by sy afsterwe en daarom is die afsterwe van die biologiese mens 'n wins vir gelowige mense.
    Want dan slegs kan hy opstaan met 'n liggaam gelykvormige aan sy Verlosser, Jesus Christus. Wat 'n vooruitsig. Daarom droom Paulus reeds daaroor wanneer hy sê:
    "en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê." (Gal 2 vers 20) En dit kom net deur die verkondiging van die evangelie.
    En wat lewe in jou Angus?
    Lekker dag

  • Almal mis die punt: dit word nou 'n debat oor die bestaan van die bonatuurlike. Waaroor dit eintlik gaan is oor die algemene belediging wat dit vir die nasate van 'kolonialiste' is. Ek voel erg in die gesig gevat daardeur.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top