Koesterkind deur Elaine Marais

  • 0

Titel: Koesterkind
Skrywer: Elaine Marais
Uitgewer: Naledi
ISBN: 9781920654160

 

Koop Koesterkind by Kalahari.com.

Opsomming:
Elaine Marais se tweede Christelike roman, Koesterkind, handel oor die wel en wee van ’n vrou wat gelouter word.

Tina is ?n beeldskone bedorwe brokkie, maar díe status het gekom met ?n hoë prys. Sy moes veg vir elke greintjie aandag van haar besige, onbetrokke ouers. Met geen grense om haar in te perk nie, kies sy om haar te vergryp aan die lewe se genietinge.

Sy loop haar vas teen die gereg. Haar vonnistydperk in die ongenaakbare wêreld van ?n vrouegevangenis word ?n tyd waarin sy haarself leer ken. Haar behoud is ?n onverwagse vriendskapaanbod van Rosina, ’n rasta-vrou wat respek by die vrouens in die tronk afdwing.

’n Aanslag op haar lewe en die moeisame pad na herstel maak haar hart ontvanklik vir onbaatsugtige liefde. Die liefde van haar medemens, die liefde van Marius wat haar die geleentheid gee om op haar eie voete te staan en die liefde van haar vervreemde ouers.

Oor die skrywer:     
Elaine Marais woon in die hart van die Breederiviervallei saam met haar man en drie kinders. Koesterkind is haar tweede Christelike liefdesroman na haar suksesvolle debuut, Liefde vir Lienke. Haar boeke is gemik op vroue wat al die veersagte tinteling van die liefde ervaar het, maar ook die wanhoop ken van onbeantwoorde liefde.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top