Dag Klug
Jy wil nie besin nie, jy wil enigiets aanval wat Joods is of selfs net klink. Getrou aan jou leermeesters van Nicaea.
Kom ons kyk na jou weghardloop-leuen. My laaste brief aan jou oor die Drie-eenheid was op 17/3/11. Jou liegtuit is steeds dig toe oor daai een. En los maar die antwoord, jy het niks sinvol om te sê nie.
En die Kersfees-storie? Nie een van die dosyne verwysings van toepassing nie? Konstantyn het jou sowaar na sy hand grootgemaak.
Die amusante deel van jou bla-bla is egter ook daar. Elke keer as jy jou onkundige gal braak oor Messiaanse Jode, dan kwoteer jy laat die stof staan. En wie kwoteer jy? Jy kwoteer Messiaanse Jode. Dis die ouens wie die B’rit Hadashah geskryf het Kobus, die Joodse volgelinge van Yahashua Ha Mashiach. Ek dink nie daai ouens het hulself so gehaat nie, ek dink dis maar jy wat nie ’n cooking clue het nie en toelaat dat jou anti-Semitisme jou verblind.
Anderdag in jou blinde gestrompel oor Kersfees mompel jy iets oor “waar twee van julle bymekaar is” Kobus, ’n stukkie baie goeie raad vir jou. Daardie skrif beteken nie dat twee of meer soos jy iets “in die naam” kan vra en dan outomaties is dit oraait nie. Daardie hele stuk het te doen met die outoriteit wat Messias aan die leiers van sy volgelinge gegee het om sake te hoor en te oordeel.
As ek jy is Kobus, sal ek nie hierdie skrif, Mattityahu 18:15 ens te veel mee karring nie. Gaan lees dit vir ’n slag vir dit wat duidelik daar staan.
Ek kan ook die konsep van ’n oog vir ’n oog ook aan jou verduidelik met jouself en Carte Blanche as onderwerpe. Dalk anderdag.
Kobus, jou haat vir die Jode kom meer en meer na vore en ek wil niks daarmee te doen hê nie. Jou soort is gretig om te kwyl oor die “Een nuwe man”. Solank daar niks Joods in is nie, soos julle poog na Nicaea en Antioch. Ek vra dat jy my briewe voortaan ignoreer en nie met my of oor my praat nie. Ek sal dieselfde doen as teenprestasie. Sou jy egter weereens nie jouself kan beteuel nie, hier is dan ’n vraag. Waar was die “Nuwe man” tydens die Holocaust, tydens die Spanish Inquisition, tydens die crusades, tydens al die pogroms en expulsions? Al daai dinge het hul oorsprong in ’n CHRISTENDOM waar Sataniese anti-Semitisme in vriendelike waters is.
Duitswester

