Hello
Die volgende "diep waarheid" uit die Kena Upanishad oor “brahman”:
The teacher said: “I do not think I know it well, nor do I know that I do not know it. He amongst us who knows it, knows it, but he does not know that he does not know it.
“He by whom it is not thought [since it is beyond thought], by him it is thought; he by whom it is known, knows it not [since it is unknowable]. It is not understood by those who understand it, it is understood by those who do not understand it.”
Deur meditasie en gebed kom jy uit by die waarheid van iets, wie weet wat.
Wat beteken dit om te sê "dat die Woord (of enige iets anders) uit ’n Spirituele (en hoekom die hoofletter?) oogpunt benader moet word". Is die spirituele oogpunt vrygestel van die reëls wat geld vir ander vorme van verstaan? Verwys dit na iets wat jy kan verifieer? Las jy by of laat jy weg? Hoe groot is die rol van interpretasie en verbeelding? As jy ’n spirituele oogpunt sien as verskillend en apart van die menslike oogpunt, verwys jy na die siel ("ghost in the machine") of die spirituele oogpunt wat jy sien en verstaan vanuit ’n spirituele oogpunt, en so aan en so aan?
Gee jou spirituele oogpunt nie maar net vir jou tien (of 12 of 40) duime waaruit jy jou geloof, god of waarheid kan suig nie? Is "spirituele oogpunt" nie net ’n ander woord en lisensie vir "niksseggende kakpraat" nie?
Gilgamesh

